Vingerete (SILWER)
Vingerete
Plat-op-die-aarde
oomblikke van waarde
waar ons langsaam teug
aan samesyn
en wyn.
Voedsame sielskos
wat vriendinne los
wanneer hul ruim die bak
met versnap’ring en begrip vol pak
Brokstukke leef
word in vriendskap gedoop;
die hardheid gestroop
tot verteerbare stukkies
beloofde hoop.
©ASvdMerwe
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir Junie 2025 – PIEKNIEK projek