Die honger haan
Op die stoep sit Jan en Faan, blink gedrink;
springmielies eet, saam‘dop is top.
Hoe later hoe meer knik-knik hul kop;
hoog sit die son na hul dagtaak en wink.
‘n Hoenderhaan fier-pronk bronstig-astrant;
jaag ’n hen oor die werf van hoek tot kant.
Hy moet haar vang om sy brons-lus te blus;
fladder-vlerk kê-kê-kê ,die hen verontrus.
Geïrriteerd oor die aksie wat sy rus versteur;
gooi Jan ‘n handvol springmielies voor die deur.
Die haan word net daar in sy wellus-spore versteur;
begin die springmielies een vir een oppik.
Jan sleeptong leepoog vir Faan:
“Faan, was jy al ooit so honger soos ‘n haan?”
——-oo00oo——-
©Pieter Mostert
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir NOVEMBER & DESEMBER 2025 – OOP projek