Jongste aktiwiteit:

Sou tonge tog kon toor

Sou Tonge tog Kon Toor

Deur: Ryno du Plessis

Sou dit nie ’n seën kon wees as almal net hulself kon wees?

Mense met goeie harte, geen meer smarte.

Sou ons maar net mooie woorde vir mekaar kon sê.

As woorde kon toor, sou ek seker die tonge met swaarde wegtoor.

Met goeie geloof het God ons beloof: dit wat ons spreek, sal wees.

Ons hoef nie met woorde te toor om harte te bekoor nie.

Spreek die liefde wat God vir ons bêre in sy stoor.

© Ryno du Plessis, 2026




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed