Jongste aktiwiteit:

Troeppie sonder naam

Troeppie Sonder Naam

Doer in Weskusbaai het jou bestaan gedraai.

Dit was liefde met die eerste oogopslag.

Na jou foto gekyk en vir jou gewag.

‘n Oorlog het jy oorleef. Roes het aan jou bly kleef.

Ek het jou gaan haal, jou oë blind in die nag.

Die termostaat laat ons stop elke uur.

Byna geen deurknip wat werk nie.

Met ‘n tang het ons maar ‘n plan bewerk.

Gelukkig is jou enjin nog goed en skerp.

Jou dae van oorlog is nou verby. Op die plaas gaan jy nou bly.

Ander noem jou ‘n krok of ‘n skedonk, maar vir my is jy die mooiste motor op die dorp.

Jy is nie heeltemal stukkend nie. Jy werk net ‘n bietjie anders.

My Troeppie sonder naam.

© Ryno du Plessis




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed