Elkeen het sy plek
Elkeen het sy plek…
Wat sou die ou wêreld wees sonder elke dorp se skinderbek, die molesmaker en die man voor in die kerk?
Gelukkiges swem in geld, armes verdrink in sorge. Tog kommer die ryke oor al sy skatte, en die arme maak ‘n plan en tel sy sente.
Baie is regtig mooi, ander, opgetooi. Van stokkieslyf tot soos brood se deeg, moet hul maar die skaal laat weeg.
Al ry die ou voor jou gevrek, het almal op hierdie aarde ‘n spesiale plek.
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.