Uur van Angs
Dit is twaalf uur op ‘n Saterdag middag,
winkels is in rep en roer met almal
dis Kersfeestyd dit koop hier en koop daar,
en tyd word afgespeel in my hart dat iets my jag
Want hier binne in my is ‘n bondeltjie vreugde,
wat nie meer in moederskoot wil deug,
die alarm het afgegaan, en stadig maar seker
begin die waarheid ons vertel
Vinnig jaag ons om uit te kom by die plek
waar als in aksie moet oorgaan vir die nuweling
maar skielik vertel die hart masjien geen aankomeling
wakker skrik die helpers om masjiene gereed te kry
Vir aankomeling se hartjie wat doodstil stry
die skielike gepiep van ‘n masjien wat hoop bring
aan ‘n kleine liggaampie wat weer lewe bring
groot was die verbasing dat die liggaampie skielik na vore kom
deur die teken dat sy haar aan die krag van Bo sal verlos
God gegewe kindjie aan ‘n moeder uit vrees
Haar nuweling ontvang met hartseer.’
Haar Hemelse Vader bedank vir ‘n sussie
In afwagting vir haar sussie by die huis.
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Koekekranka
Die Woord leer mos dat ons nie moet vees nie. Hier het jy weer eens geboekstaaf dat God selfs deur vrees -wat angs bring en die geloof verlam- Sy wil laat geskied!