adel op my duin
vanoggend ontwaak ek
met ‘n klomp titels op my kop
die suur suid ooster waai dit gou af
heerlike winter reën sak om my uit
ver agter – ja so ver as aberdeen
daar ver in die skotse hoogland
lê titels in toe gesneeude prag
maar nie so ver terug is daar
grafte van my voorgeslag
wat bittereinders uitspel
hoog in die soutpansberg
waar die mis ook soggens pryk
waarom sou die titels my nou juis pla
nêrens dra ek daardie titels beter
as net hier diep in my hart
want hier in die hart van my duin
heers ‘n ander titel groots
die titel van kind
van die Vader
dié titel wat
my nederig
hou
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.