Amber
Amber sak die son weg in die oseaan.
In afwagting bekruip die nag die horison
en ’n nuwe seisoen sal uitbroei as die son weer opkom
Amber rus ons liefde, in afwagting dat dit weer ontspring,
soos ou sade versprei, verspoel en verwaai
terwyl die herfswind deur ’n tapyt van blare kattemaai.
Amber sterf ’n seisoen op die rug van ’n koue bries,
maar die somer sal soos die pheonix weer herrys uit die as
en ons en die ding tussen ons sal wees wat dit eens was.
7 Kommentare
-
-
neels claasen
pragtig Helena
-
Viooltjie
Goed gedoen. Ek dink jy het die opdrag baie goed uitgevoer ☺
-
Anze
Baie mooi Helena, dankie vir jou pragtige bydrae tot die Herfs projek
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Louie
Regtig goed