Jongste aktiwiteit:

Beertjie sê Brr!

Ná sy middel-winter yskoue stort sê Beertjie Brrr! Vars & fris! Beer op! Beer aan! Beer voort!

Boetie sê hy is ‘n vuurvegter ‘n brandweerman met sy geel en swart baadjie aan en sy helmet en flits. Sy manne staan vas teen die hitte en vlamme van die brand sterk en vreesloos. Klein Boetie is ‘n groot held. Hulle red klein beertjies vrouens en kindertjies eerste uit die ondraaglike vuur en rook.

Sy dapper brandweer bere storm soos een man in die slag met byle waterslange pype en lere. Vuuur! Voorwaarts!

~

Hy is ‘n dapper musketier tot die tande gewapen: Almal vir een, een vir almal! ‘n Ridder gesweer trou aan die Koning.

Hy sal die Kroon verdedig met al sy krag tot sy laaste druppel bloed en Dame Miramdam sal hy beskerm met sy lewe. Hy sê hy voel jammer vir enige-iemand wat haar wil seermaak hulle sal ween en die tande kners.

Boetie is ‘n klein beer met ‘n groot hart ‘n groot leeu: “It’s not the size of the bear in the fight it’s the size of the fight in the bear!”

Neem wapens! Beer aan!

~

Rolls-Royce 12 silinder enjin vier .303 masjiengewere twee 20mm kanonne. ‘n Beer van staal ‘n veg-vlieënier ‘n Spitfire eskader leier: Volg my manne val uit die Son! Vuur as julle die wit van hulle van hulle oë sien! Val aan!

~

Die eerste Aardling ‘n dapper ruimtevaarder die eerste beertjie op Mars: Beertjie na Aarde kom in oor. Beertjie na Aarde. ‘n Pouse vir die sein. Ruising. Aarde oor. Aarde kom in! Daar is nog geen buite-ruimte gevorderde wesens of enige intelligensie en selfs geen teken van lewe. Alles lyk na rooi oerwoestyn en sand en klippe maar hier is baie geheimenisse begrawe.

~

Nou sê hy hy is ‘n skaak kampioen. Zorro onverskrokke die verskriklike. Die Laksman. Die Einde.

~

Verwarmer Kaput. In sy bedjie snoesig onder die lekker sagte warm kombersie mmm Boetie is uitgeput hy is moeg gespeel en baie vaak. Dit was ‘n lang dag.

Goeienag lekker slaap slaap vas! Soet slaap! mmx! rr rrr rrr




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed