Jan en die kewer
Nou ja, ek het nou al soveel stories geskryf oor my vriend Jan en sy winderige gedragpatrone dat ek al begin skuldig voel dat Jan altyd uigemaak word as die een wat moeilikheid maak. Ek praat toe nou die dag met die ou oor die verknorsing en die beeld wat ek oor hom skep. Hy […]
Jan en die inbrekers
Nou die ander dag kry ek ‘n boodskap van my goeie vriend Jan. Al wat dit lees is: “INBRAAK…ALS OK” Ek skrik my boeglam en sonder om te antwoord vlieg ek daar weg met die spoed van teinduisenddederduiwels en kom so met ‘n hop-skip-en-jump daar by Jan, skreeuende bande en baseball bat gereed. Hier gewaar […]
Jan en die buiteband
Soos ek al vantevore vertel het, my goeie vriend Jan is nie net ‘n sportgeesdriftige nie, maar ook ‘n groot bok vir sports. Ek sit en dink nou die dag aan die geleentheid to ons almal gaan kamp het daar doer in die bosveld, en die “four-by-four” ryery in die klowe. Ai die bosveld is […]
Jan en die bakkievlieg
Nou die annerdag ry ek saam met Jan in sy bakkie. Julle sien, Jan ry ‘n bakkie, want Jan pas nie maklik in normale karretjies nie, en die goetertjies se vere hou nie lank onder Jan nie. Kom ons sê maar net Jan dra ‘n gróót broek, en hy dra hom vol. Ons ry toe […]
Jan en die aardbewing
Nou die dag was daar mos ‘n aardbewing hier in Pretoria, van alle plekke. Ek onthou dit nog so goed, ons was almal by vriende hier in Hatfield, sommerso ‘n braai en kuier, soos vriende in die geweste ook maak. My voertuig was in die garage vir herstelwerk en ek reel toe om saam met […]
Estelle Rubow
Lees meer oor Estelle BRONSKLAS Oktober 2017 – Fees projek 3.Dagbreek oor Brandberg oor diep geplooide pers ravyne breek ‘n nuwe dag die berg vat vlam in roes en rooi, ‘n skone simfonie die oggend breek oop soos ‘n volryp vrug – ‘n fees, ‘n harmonie die berg ontwaak in goue glorie ná die […]
Boompie
Mensig Lettie dit is vanaand darem wragtig warm hier is nie eers ʼn windjie wat trek op die stoep nie, hoe hou julle dit hier sonder Elektrisiteit julle kan nie eers ʼn waaier op sit nie. Aag wat Siena ons is die soort van hutte al gewoond soos Boompie se dit groei aan ʼn mense […]
Boeretroos en die spook wat loop.
Dina dit is darem so mooi op die stoep vanaand, ek kry skoon hoendervleis, as ek na daardie maan wat so agter Hangkrans uit kom kyk, skoon spokerig. Jy praat so van spokerig Rens, wag dat ek gou vir ons elkeen ʼn koppie Boeretroos skink dan vertel ek jou die storie van juis dit wat […]
Aambeie wat ʼn wind nodig het.
More Rens kom in die winter is nog op die drumpel van die ou klein huisie, in die kombuis is dit heerlik warm. O ja Anna dit gaan heerlik wees die getrap van die busstop af was darem regtig koud gewees, ek gaan staan sommer by die stoof om die bloed te laat vloei. […]