Jongste aktiwiteit:

Blou Sleutel

Blou, nie hemelse blou, nie see blou nie
maar bloumaandag blou
alles verkeerd en deurmekaar.

Grafieke getrek groei gevrek
aandele val, inflasie steel geld
totale ekonomiese verval

Gekkeparadys almal val
hals oor kop om begrootings te laat klop
blou aandele ook maar minder werd

Saamgesleepte probleme
met blou kettings aan jou vasgesluit
word remskoen vir die hart

Skatte vergader bring net groter sorge
wikkel jou los uit al die probleme
ontsluit aardse probleme

Die Sleutel is Blou………..

Kyk na die blou berge wat siel verkwik
Kyk na die blou oseaan wat ritme gee aan siel en gees
Kyk na die blou hemel vergader jou skatte hier

B ly op jou knieë
L oof en prys die Here
O mring jou met gelowiges
U itendelik kom alles hier tot ‘n einde




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed