Pottebakker
Klei oopgebreek met kundige hand
oor en oor en weer gebrei
elke klippie en stokkie, onvanpas,
geduldig verwyder,
suiwer klei wat agterbly
Meesterhand beplan,
ken en vorm na goeddunke
draaiende wiel
modderige hand
bruikbare pot in oond gebak
Klei versamel , Kundige Hand
oor en oor en weer gebrei
sel en chromosoom totaal van pas
geduldig aanmekaar gelas
beelddraer van God oorgebly
Meesterhand beplan
in moederskoot gevorm
lewensasem ingeblaas
uitverkore verteenwoordiger
nietige mens kroon van die Skepping
Met sonde in verval gebring
gered deur Meestersplan
God word mens maagdelik gebore
sterf aan houtkruis waarlik opgestaan
gered deur Bloed van die kruis
U is die Pottebakker
ek die klei
vorm my
maak my
Heer soos U wil
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.