dans van die reën
tip tap tip tap
klein treetjies. druppels spat!
dans en lag en knipoog vir my
waar hul teen die glas af gly.
tip tap tip tap
skielik klink dit al te hard!
diamante spring uit die hemelboog
spring oor grasspriete kort en hoog.
tap.
tap.
tip.
tip.
tog te gou verby, as die reënboog fluister:
“die dans van die reen”
en sy glimlag op ‘n sonstraal stuur na my.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.