Die vrug van liefde
Die vrug van liefde
Ja Heer, dankie dat ek die vrugte van U gees wat U aan my toevertrou het
tot U eer kan elke dag kan laat glinster en blind in ander se liefde
want die grootste gebod in U nalatingskap op aarde was
om U die liefste te hê en ons naaste soos ons self
o Heer, U het belowe dat ons U en ons naaste moet lief hê
dat ons liefde lankmoedig, opreg en vriendelik moet wees
sodat ons woorde, ons dade en optrede liefde sal uitstraal
en volgens 1 Korinthiërs 13:4-8 myself sal uitleef
U het my in ‘n land met waterstrome kom plant
U het my lewensgrond kom nat maak met U liefde
U het U warmte en lig oor my kom toevou
U het my versorg sodat ek die vrug van liefde kan dra
vergewe my waar ek soveel kere faal
dat ek nie my liefde genoeg versprei in my lewenswandel
soos elke boer in ons land sorg vir liefdesgawes op ons tafel
ons hom maar ook U bedank vir U liefdevolle voorsiening
ek weet as ek val U my weer op help
laat my geure van liefde ander omvleuel
laat my lewe die vrug van liefde dra
om my U en my naaste lief te hê soos myself
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.