herfsdans (brons)
ietwat riskant
dartel herfs aan die windkant
en ril effe deuskant die punt van ryp
die laaste blare dansval anderkant
saggies neurie die troupand
op die wieg van die seisoen se rand
wat soos Dawid en Jonatan
diepsinnig verkleur in hul band
tog sleep haar Josefskleed
sonder leed
oor halfnaakte boomtakke
kokketterig blosend wreed
iewers in ‘n hart
eis haar fleur nog ‘n kaart
ietwat aspris
wat sal hierdie winter baat?
© Francois Meyer
2 Kommentare
-
Elizabeth
Voorwaar lieflik Francois
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei 2022 OOP projek