Die Hemel Weet Hoe Lief Ek Is Vir Jou II
Huppeltjie, trippeltjie, druppeltjie dou, die Hemel weet hoe lif ek jou het. Want soveel goeie goed gebeur met ons, jy’t my drie jaar terug uit hartseer kom red, en alles wat jy vir my doen laat my hart opgwonde gons. Ons kan dankbaar wees teenor Hom, ek en jy het mekaar per toeval gevind, ons […]
Die hemel weet hoe lief ek is vir jou …
Huppeltjie, trippeltjie, druppeltjie dou, die hemel weet hoe lief ek is vir jou. Want waneer ek hartseer is vertroos jy my, waneer ek na familie verlang weet ek jy is altyd naby. Jou oë vertel vir my ‘n verhaal van altyd saam wees, ek is altyd daar vir jou in liggaam en in gees. Waneer […]
DONSKOMBERSIE
Ek het vandag laatmiddag die dag se wegloop so plek-plek vasgetrap en ‘n bietjie dag se somer goud gaan bêre onder my slaap se donskombers Ek stof die dag se goud-as van my kamer vensterbank met ‘n glimlag af en maak vir my ‘n afvalkussing wat pas by my donskombers gemaak uit gister se druipstert […]
DIE KIEWIET SE GEROEP
Roep die kiewiet klankloos in die wintersnag swaai die Dennebome swierig boombas boudjies in die ysbevrore gebarste vingers van die wind terwyl ‘n Rubberboom se takke ritmies tussen al die stadsgeluide kraak Verdorde skimme van gister gly astrant oor vandag se toonstamp paaie en vervel gewetes van mensgedagtes in die nag terwyl die golwe van […]
Die reuk van vars ink
So kruis my pad onverwags ‘n vroutjie van 85 wat brei en blokkiesraaisels invul en daagliks 4 km stap. Ongelooflik. Dat ‘n mens jou kop so jeugdig op so ‘n ryp ouderdom kan hou. Sy beduie dat dit genade is dat sy, alhoewel nie altyd gesond nie, gewoonlik besig kan bly en sodoende nie tyd […]
NA DIE HOOGTES
NA DIE HOOGTES Depressief is jy. Bejammering verteer jou siel. Jy sink …. Jy wíl so voel. Jy wíl jou oorgee aan dié droewige ellend’. Gods arms lig jou op: My kind, jy’s nie gemaak vir putte nie. My kinders is gemaak vir hoogtes hoog.
HOOP
HOOP Wanneer jy worstel, moenie wanhoop nie. Daar’s hoop; daar ís ‘n antwoord. Wag op God, wees sterk, en laat jou hart nou sterk wees. Wag op Hom en luister. Wag …. Hy sal jou uit jou angste red. Hy gee ‘n antwoord, keer op keer. Hy gee ‘n lig in donker nag. Hy lei […]
NIKS
NIKS ….? Ja niks – geen doel geen ster geen droom – net niks. My Here, U is alles!
Onpaar skoene
Daar was twee rye spore langs Bloubergstrand geëts en wie dit daar getrap het sou swaeltjies oor kon klets Die wolke, winde, water het skemer wag gehou maar toe het see se bruinspoegskuim dit seewier toegevou Met sonop die verrassing want kyk daar teen die rots het twee kleur onpaar skoene oorkruis met mekaar gebots
Vir ‘n prinses
punt jou tone teen die blou kyk hoe luv die winde jou voete wat soms kaal is en soms hoëhakskoene dra en as ‘n prins jou ooit kom vra om sy goue ring te dra soek diamante in sy oë vra hom of hy glo in die liefde en of hy omgee vir die diere […]