BEMINDE (Opdrag 7)
BEMINDE my menswees wat smagtend verlang na hande soos veertjies wat saggies kan aai na ‘n mond wat skelmpies soentjies skaai so teer so liefies gepamperlang fluisterend woorde wat streel oor my wang golwende passie soos windjies wat draai vlae van begeerte wat om ons twee waai vas in die vlamme van ekstase gevang vir […]
‘n gedagte (Opdrag 7)
n gedagte (Opdrag 7) stadig omvou jy my beskermend silhoeëteer ek jou vlindersag en kreukel ek jou lyne vir ‘n flenterfyn glimlag wyl jy my hitte proe (smeulend) in pers fluister jy jou liefde smagtend karteer jy my kontoere sonder krag en voel ek fosforperde in jou lag huiwerend soekend wagtend tog bly dit net ‘n […]
Eerste liefde (Opdrag 7)
Kom proe die kleur van my vrugteboorde waar hartsnare saam kan speel soos water wat oor klippies kweel drink ons ons liefdeswoorde as ons lippe vlinder oor akkoorde ons ons simfonie kan deel waar ons liefde alles heel verken ons saam vreemde oorde die klinkende kleur van ons simfonie breek in vervulling oop deurdrenk ons […]
Verleiding (opdrag 7)
Sandaal se gespe losgemaak, trap sy weer ’n kaalvoetspoor deur blom- en kruietuin; beklee is sy, met bont sarong – ragfyn. Broos is sy, soos appelbloeisels in hul fleur. Soms woed die vuur in haar – ’n hunk’rend seer; midde laventelblou en roosmaryn val sonlig oor haar vel, saans dans maneskyn in tango met haar […]
Liefdesvlam (OPDRAG 7)
sag lê jy my neer op purper roosfluweel ‘wyl hande liefkosend deur aroma streel skroeiend brand oor letsels seer wat smagtend oopkelk toeskulpverweer my gul nooi tot oorgee en deel die roete volg wat jou tong proe deur onskuld gesteel met soekende lippe wat teer liefdessalf aansmeer – maar hierdie liefdesmelodie orkestreer ‘n wankelnoot laat […]
Lambada – verbode dans van die liefde (Opdrag 7)
Ritmies die dans in die smeulende nag op maat van die spaanse kitare bruisend die bloed deur hul are uitlokkend haar heupe, haar lag wulps die lambada, maar haar oë sag soos die lig van die vuur op haar hare meesleurend die klank van die snare wat saam met die passie sterf in die nag… […]
Tortelduif gekoer (OPDRAG 7)
Ons tortelduif gekoer ‘n perfekte melodie toegevou in ‘n liefdeskombers twee harte klop in harmonie volmaakte vers vervul mekaar se gedagtes – telepatie die klank van goue waterstrome speel ‘n simfonie as ek jou soet lippe proe by die opsitkers die sterre in jou oë wat my drome in joune pers waarom moes ons son […]
vloerkos op cloud 9 (Opdag 7)
sluip ons laatnag uit vir middernagfees waar jy my saggies neervlei op kombers loop stroompies witwarmwas uit bloedrooi kers help my vergeet van egbreek en seerwees jou camelstem weergalm eroties hees strelende flirtasie druifkorrelpers druppels hemeldou in psalm en vers chef livine my smaakorgasme gees ontbeende borsies is brosbruin getan brie bessies en yskoue borrelwyn […]
Kluis’naars Drome (Opdrag 7)
waar somerwind kluis’naars maak van bome waar ek nou in my alleenkaros woon het ek jou aanskou, ‘n nimf wonderskoon gebaai in soel somerson se strome daar waar kabbelende waterstrome bo-oor eens grootse spoelklipdrome troon van verspeelde kanse nou verloën lê my hart stil smagtend en droom drome van eens toe ek met sekere voetval […]
opdrag 6
want die mooi-mooi van cameo en sondagbaadjie versteek die hartseer van oorjas en voorskoot; plooie en kommer (voor perfekte huis) waar tandarts en suster die geheimenis agter sonstoep en paisleygordyn in (bo)kombuis die sy-my of hy-my die grys van werklikheid verstoot: vurkvrede, Godsgebede