Die Reënboog Rozet (OPDRAG 8)
Die Reënboog Rozet verteenwoordig ‘n unieke digvorm met sy ontstaan uit die hart van Afrika. ‘n Digvorm wat die diversiteit van verskillende kulture weerspieël. Die gedig bestaan basies uit 14 reëls wat opgedeel word in 3 kwatryne met ‘n slot koeplet. Elke strofe het sy eie unieke skryfstyl en rympatroon. Die 1ste strofe het ‘n […]
opdrag 7
die reuk van oggendlyf eggo steeds teen die binnemuur wat met voornagwarboel, sekuur die smaak van pyn weg kon vryf en die eksegese van òns teks kon beskryf; uur na uur verder, verder weggedryf na werklikheid van nèt wens waar gister se soet en lyflief steeds, weer die bitter skink; weer (en weer) verskuif die […]
e’bolliepop (Opdrag 8)
Eie digvorm: Opdrag 8 Digvorm: Limepigram (samestelling van Limeriek en Epigram) Strofes: 2 Versreëls: 10 Rym: aa bb a, a aa bb Bou: 2 lang rymende reëls 2 korter rymende reëls 1 lang reël wat met eerste 2 reëls rym dan 1 lang reël wat rym met reël 5 2 kort reëls wat rym met […]
Charmer (Opdrag 7)
Op die front seat van ‘n Volla, seeblou nes jou oë, kruip jou hand kundig – lus – en dit wasem teen die ruite, voel knus met die handrem laag deur my hart en jou. Buite rol golwe rof, onrustig, rou, verbeeld warm tasting en brandende mis. By die roadhouse vang seevoëls skreeuend vis, soos […]
Kuslyn vol vlamme
Toe jou golwe teer oor my stil strand breek jy jou buitelyne, teen my binnekant vasskilder sonder om die eb van my vloed te verwilder het ek gewonder: “Sal my branders jou hart kan deurweek? Sal jou oggendster soms helder oor my oseaan skyn?” Terwyl jou soene soos meeue om my maal om die enkelspore […]
OPDRAG 7: SENSUELE MILTONIESE SONNET
OPDRAG 7: SENSUELE MILTONIESE SONNET PASSIEVOL In die asemrowende donker nag die liefdesspel is toe ge wasem ek voel jou stomende warm asem tussen rooi roos blare lê jy so sag leef nou in die wasige damp vurige bloed vloei deur jou vroulike gevare soos die son se goue sonneblom jare so helder soos die […]
tien voor twee (Opdrag 7)
soos ek my vingers deur jou hare steek en jou oë soos saffiere blink begin ons in die oomblik wegsink hoor ek jou stilletjies smeek vir alles waar woorde ons ontbreek sal liefdesklanke in simfonie weerklink wil ek myself in jou wese verdrink leer ons saam om tyd te verneuk spoel nog eenkeer jou denke […]
Begeertes van die vlees (opdrag 7)
jou arms is waar ek wil wees onder die sterre en die sekelmaan die strand en branders ons wentelbaan word ek deel van jou menswees, jou liggaam en gees terwyl jou vingers oor die padkaart van my lyf lees weet ek dat jy die hunkering van my siel verstaan entoesiasties gehoorsaam elke neuron spontaan sonder […]
Een soet moment
OPDRAG 7 – Sensuele Miltoniese Sonnet Een soet moment My vingers sagstreel jou ‘n ligte dans, jou vel satyn van heup tot skugter skouerlyn in die oomblik, in die nou, een soet moment toegevou, soos son se goue warmskyn ‘n pouse wat skielik kan verdwyn, die huiwering blits in jou oë so blou en skielik […]
Voor môre se later (Opdrag 7)
Ek het gevoel… voor wind se waai hoe my oë in joune kon lag – kon skitter in warm liefdesprag met emosie wat smeulend baai wyl liefde tik-tak, tik-tak sonder raai… barend in die oggend van die nag, waar sonskyn blom sonder wag vóór haan sy drie kraaie sou kraai… wou ek my hart neerlê […]