DIE WINkENDE DOOD HFSTK 6
Sondagoggend doen Catherine baie moeite met haar voorkoms en trek sy n keurige swart baadjiepak aan om saam met Jaap kerk toe te gaan. Sy kies haar juwele met oorleg en beskou sy haarself met genoegdoening in die spieël toe sy die klop aan die voordeur hoor. Voor die deur staan Jaap. Hulle groet mekaar […]
In die middel van my tuin staan daar vir altyd ’n ryding.
Episode een. Vanaf die dag wat ek sinvol gedagtes kon begin saamvoeg en bewaar en al die sonsondergange sedertdien, was daar ’n voertuig van die een of andere aard wat haarself binne-in, of ten minste baie naby aan, die kern van elke gebeurtenis en ervaring kom neerplons het. Die ander aand om die etenstafel het […]
DIE WINKENDE DOOD HFSTK 5
Catherine se pa het vir haar n woonstel naby die technicon gekry en is hulle drie dae voor die tyd al daar om meubels vir die woonstel te kry en haar te help intrek. Die dag voor die Technicon begin gaan Antionette saam met Catherine om haar studies te betaal en haar ook in te […]
Kaja
Sy staar verlangend na die rook wat haar herinner aan die digte mis op haar berg in die Kaap. Sy verlang so vreeslik na die baai en haar meeue. Die wit sand korrels roep haar terug uit die agterstrate van die plakkerskamp waar sy nou woon. Dig op mekaar staan die “kaja’s” met skaars n […]
Loopdop Doep se Nasaat (Hoofstuk 6)
“Liewe blik … “ Ek knip die kragwoord kort. Ek is nog nie twee dae in hierdie hardebaarde se teenwoordigheid nie of ek neig ook al om soos ‘n matroos te vloek. Ek kyk beskuldigend na Duiker; “Moet my nou nie weer stil maak nie. Maar dit lyk my hierdie Babbels-vrou wat klaarblyklik my ma […]
Jan Blom en die kragte van die heelal.
Jan Blom en die kragte van die Heelal Jan Blom is ‘n waterleier. Hy werk nie in die span nie. My pa sê Jan Blom is so gemaak en laat staan. Hy bly in die eiland op sy eie in sy eie huis. Net langs die pomphuis. Die pomphuis is nie meer dieselle […]
Die Oom … Die Volmaakte Moord
Dis donker in die skaduwee van die Wildevyeboom waar Klein Gert Venter staan in die agterplaas van die kinderhuis. Hy wag om te kyk of iemand agtergekom het dat hy nie in sy bed is nie. Maar die huis bly donker en stil. Hy sluip gebukkend tot by die draad. Daar seil hy behendig deur […]
DIE WINKENDE DOOD HFSTK 4
Die atmosfeer in Amelia de Klerk se spreekkamer is gespanne terwyl die Scholtz familie haar koms sit en afwag. Anneke het haar ouers en Japie Sondagmiddag laat, na Albert se vertrek, begin voorberei dat daar n moontlikheid is dat Catherine aan dwelms verslaaf is. Dit was moeilik om hulle kalm te kry maar het sy […]
Die Oom … Is onsedelikheid ook rooi? Hoofstuk 2
Gert Venter sit aan die tafel en kyk hoe sy ma die bakke kos voorsit. Terwyl sy so ‘n laaste roer in elke bak gee, draai sy maag saam. So ‘n lekker honger draai. “Ek is darem nou baie honger!” laat hy dan ook summier hoor. “Dis seker van al die harde werk wat ek […]
Loopdop Doep se Nasaat (Hoofstuk 5)
Ek ry ingedagte huistoe. Dis amper of die bakkie self die pad huistoe ry. My oog val kort-kort op die boek wat langs my op die sitplek lê. Ek het nog nie die moed gehad om dit oop te maak nie. As ek na die dikte van die boek kyk, lyk dit of Ma vir […]