Drie Broers
Eendag, nie so baie lank gelede nie, was daar drie boeties, Walter, Werner en Wouter. Hulle het saam met Pa en Ma gewoon in ʼn baksteen huisie in die middeldeel van die dorp. Soos die verloop van die lewe is, maak die oudste boetie, Walter, klaar met skool en moet hy die wye wêreld aandurf […]
Ligte
Sy droom in wit en swart. Dit is die enigste manier om deur ‘n dag op die kleurvolle mallemeule te kom. In haar drome is die wêreld in perfekte kontras. ‘n Wit-en-swart hoender kan selfs twee verskillende hoenders wees as die lig net reg val. Sy skrik wakker toe die swart kat wat haar drome […]
Hamlet
Hamlet Ek stap ongeërg die kerkie binne en beland eensklaps binne-in ʼn sprokie. Die hemelse klanke van Bach se orrelfuga tref my. In die paadjie kom ʼn bruid in ʼn sneeuwit kant-trourok aangesweef, op pad deur toe. Konfetti warrel nog in die ligte windjie rond, op soek na ’n onskuldige skouer of haarlok. Haar hand […]
Die drie F’s
Dit weergalm oor die vlakte. Fatima verskree haar verslonste tienerseuns. Sy het haar weer oorgegee aan ’n kruie zol en is verergd omdat hulle durf kos vra. “Al wat julle wil doen, is vreet! Kyk hoe lyk hierdie varkhok. Van vandag af sal daar eers kos wees as julle ook geld inbring. Julle drie lummels […]
Die geheim van die woud
Eendag was daar ‘n arm man en sy vrou wat in die woud gebly het met twee kinders, die een kind se naam was Klaas en die ander een Hermien. Een aand besluit die man om sy kinders in die woud in te vat en hulle daar te los, dis te moeilik om vir almal […]
Verlossing
Verlossing Die aarde is my kern. Uit stof het ek gekom, tot stof sal ek terugkeer. Eendag, as ek my kan losskeur uit die vasknellende aardetentakels en mense-opinies wat my verstrengel, meesleur, af, die duister in. In die tussentyd beur ek slepend voort, terwyl versoekings daagliks versperrings voor my voete slinger. Ek worstel met die […]
Ek is
Ek is Ek lê op my rug in die rimpellose water en staar na die hemel, wolkloos blou. Om my vorm die sonstrale ʼn warm hittekol. Salige stilte. Dis asof die aarde ʼn lewestilstand het. Tog voel ek die vibrasies van lewende wesens en ligte strome in die water onder my. Ai, dis mos die […]
Die reisende man
Die reisiger Die reisiger beweeg deur die stad se strate. Hy loer in by ‘n venster in een van die minder gegoede buurte. Die kinders sit voor die televisie, al stryende oor wie die volgende program mag kies. Hy skud sy kop. Wat het van broederliefde geword? Die ouers sit, stom en sigbaar moedeloos, eenkant […]
Van gister tot vandag
Die lug is helder blou, dis ‘n skoon sonnige dag. God het hierdie blou struktuur in die lug “hemel” genoem. Die groot man gryp sy blou rugsak, die groot man begin in die lug opstyg. Die vliegtuig gooi ʼn wye draai en vlieg toe stadig … Haar rok brand soos ‘n blou vlam teen die vaal […]
Nommer Pas
Twee vriendinne gaan uit om klere te koop. Hulle het nodig om bekostigbare uitrustings te kry sodat hulle nie dieselfde klere meer as een keer ‘n week aantrek nie. Om elke Maandag dieselfde uitrusting te dra is een ding, maar om dit drie keer ‘n week te doen is onaanvaarbaar. Tog, om klere te vind […]