Windpompe
Jy kry hulle oral in die platteland gesaai in afwagting vir die winde om te waai met koppe regop soos ‘n Sonneblom meestal pen orent, ander skeef en krom Van die Weskus op tot middel in die Karoo wag hulle geduldig vir die reën van bo om die aarde te voed met lewens water uit […]
Kosmos… en ons Goud
spookasemwolke borrel omhoog uitgespoeg oor die vlaktes van die karoo hier en daar veg ‘n spatsel geel- ‘n kleur ontploffing op ‘n stofpalet hul gesiggies gedraai na bo sandmaalkolke draai en dans en kartel parmantig om ons heen hier op ons lapkombersie net ek en jy… en ons… alleen ruik die koperkleur van soetlemoen wat […]
Nagmerrie
Ons volk het ‘n ryk verbeelding. Drogbeelde en monsters wat spook. Daar’s ‘n vlieënde skip uit Holland en die duiwel en Van Hings wat rook. ‘n Bruid wat staan in ‘n trourok op die pad na Uniondale. ‘n Man en sy perd op Nooitgedacht wat oor verlore skatte huil. Daar’s Daisy met haar […]
klanke van winter
kermend die windjie se gesuis krakend die boomtakke se geruis deur elke skrefie huil die suid-ooster soos ‘n kind op sy moeder se skouer eenkant onder ‘n duin se kloof staan grysbokkie in geloof dat sonstrale sal kom en blomme sal blom my venster verster reëndruppels versper uitsig wat vaal vertoon winter reën […]
Dans van die gode
Die dans van Saturnus vind vanaand plaas onder die donker uitspansel van die hemel. Polsende musiek uit die vulkane van Mars en Venus wat haar sensualiteit aan die Aarde ontbloot. Flikkerende sterre in blink gewaad arriveer op ‘n komeet se rug, Mercurius verskaf die nodige kampvuur met geleende hitte van die son. Die […]
soli
bloedgevlekte vlaktes lê agter ons berge en dale stryd om alleen te bestaan, regeer bloedige voortgesette stryd primum venire prius servivit victa terra – verowerde grond jus soli geboortereg slagspreuke uit gierige monde verskreeu geen balans weinig sola scriptura bitter min sola fide min sola gratia solus Christus vermeng met satanisme wêreldorde wil […]
Takke in Dieselfde Wind
Op ‘n koringplaas langs ‘n nuut gespande draad Staan twee bejaarde bome ewe kordaat In die veld omring deur goudgeel koring gerwe Teen die blou lig is die twee se silhoeët uitgekerwe Ingedagte jaag almal verby na waar hulle gaan Onbewus van die twee bome wat daar staan Hand aan hand is hulle in tak […]