Skrywersblok
My mees gevreesde vyand is die naakte vel papier wat met woordelose uitdaging tartend na my gluur…
Lente liefde
Ek sal net hier wag wag saam met jou omdat ek net wil kyk en aan jou wil raak want ek is lief vir jou Ek wil vir jou die reӫnboog in my hart gee vir jou wys wat ek alles vir jou kan bied ek wil my arms om jou vou Ek vergryp my […]
Erfnis
Die pen sweet swaaiend in haar hand woorde hannekraai deur ink strepe wanneer sy kwyn na stof en sand sal hul akkoorde blom met haar lettergrepe. Vir haar kinders wou sy wees ‘n ware moeder in vlees onsterflik in gees ‘n boorkern sonder vrees. © Caren Kearley Kopiereg voorbehou
Lente se liefdes spel by die see
Diep-blou… lê die see einder vanoggend. Ruisend druis die Ouman met sy magtige waters, beur ge-lei-de-lik vorentoe om skuimend te breek en te bars op die gladde klip van die strand. Lente is min gesteur deur dié Ouman, sy maak haar tuis soos ‘n wulpse vrou hier tussen die welige see plante, hangend oor die […]
Fênsy woorde sonder kappies
Ek wou ook soos jý leestekens oor my woorde lê want jy kon die klem verskuif toonhoogte só aangee. Met ‘n alt 136 het ek toe ge-ê sonder om veel te sê soos ‘n Hadida net vlugloos ge-ê-ê want jy, my kind was vir my die wind wat my vlerke sou laat vlieg oor jou […]
Ek wil lewe
Ek wil lewe – met die seewind in my hare, tone in die sand gewoel Waar spierwit borrelbranders oor goue strande spoel. Ek wil lag soos n kind wat rondomtalie draai Op die vleuels n lentebries die somerreën aanwaai! Dans in die maanlig van n helder somersnag, benee die hemelruim se towerjas waar die melkweg […]
Geelvinkies nes die lente laag..
Die vinkies nes dié lente laag oor droё, dorre, doodlê-dam en vogloos waai die wind aaneen in dwarrels wat met son-heet vlam. Dié reёn-seisoen se skrapsigheid het bruut die ysterklip ontbloot en oor die barheid van die veld ’n waterskaarste-dood gestoot. Elders wroet en wring sandhose óp deur ariede vaalgrys-blou asof in soeke na die […]
Hierdie kind van Afrika
Waar was ek toe als nog so stikdonker was lank voor die eerste lig’t verskyn, toe U twee klippe kap tot vonk – waar was die kruitvat, waar die lont? Hoe vurig die geboorte van die son. Was ek daar toe U die sterre deur die heelal string, toe U die maan poleer tot edeltin […]
Alles wat jou hart begeer en …
‘n Vliegtuig onder wolwolke, Tafelberg, die son wat sak in amberpienk en rooiframboos skakerings teen die blou geplak – dit bring ek als vir jou. ‘n Blink maan in jou vensterraam ‘n duif wat op jou dwars draad staan ‘n kolgans in die môredou ‘n geelvink wat ‘n grasnes bou – dit weef ek in […]
Paraffien
Een dag in September (baie jare t’rug) was die oggend ook so donker, was daar ook onheil in die lug. Buite het grou wolke oor Brackenfell bly hang. En in my houthuis was dit skemer (en die skemer maak my bang). * Selfs nóú nog – elk grou September – voel ek so, só asof […]