Die Boekklub
In hierdie storie… Sien ons hoe die lewe eintlik kan wees, Klein en eenvoudig. Met eindelose aanvaarding Wat jou verwelkom, sonder vrees Vir die karakters gaan dit selde oor net vlees, Maar om jouself in die blaaie van ‘n boek te kan lees… Almal hier is anders en almal uniek, Almal met ‘n storie wat […]
Sterrehemel
Ek wil in die sterrehemel swem In ‘n wentelbaan verdwyn, Met die son se vonkels speel In die melkweg gaan bly Daar bo is alles ver Daar bo is alles klein Daar bo verlang mens terug, na ‘n wêreld vol van pyn Gaan hul my verlang? Of moet ek dalk maar bly… Hoe lyk dan […]
Fortuna
In die halfsirkels van jou ribbekas wil ek behore heelword, teen die klop van jou hart myself tot rus sus; uitgedos in die (opr)egtheid van jou genaakbaarheid. Is daar vir só geluksaligheid genade? As mens betowerd van genot; tevrede terugsak in jou eie teuels bloed deur jou are voel pomp wind deur jou hare laat […]
Epitoom
Epitoom Eens wild my hart ongetem uit hom ontplooi beelde waar liefde lyne kon trek om siel en verstand— verby grense se denke en wense te intiem om te verstaan; saam wou ons berge versit. Nou stil my hart getem lewendig dood. © 2017 Caren Kearley Kopiereg voorbehou
Die nag
Drie uur in die môre raak jy aan my hart soos maanligstrale wat sag oor bruisende branders streel; ‘n halwe eeu doen jy dit al weergalm melioristies deur my nag asof ‘n ewigheid altyd op ons sal wag. Melkwegwaarts slaan ek my oë soms op, in die diepdonker stort vreemde sterre neer tydloos soos diamante […]
‘n Tyd om genadig te wees
Ek rangskik my witste wolke bo jou blouste, blouste krans en laat weer die tarentale teen Durbanville se heuwels vir jou dans … verby die wingerdstok wat (appelgroen) oor hoë priële vir jou loot, deur boorde waar die bloeisels val om uiteindelik te ontbloot – hoe ek die perske- en amandelbome (vol verwagting) weer hul […]
Halfhartige poging om te blom
As my lente deur jou winter kon dans sal jy dalk verstaan dat ek in kruispaaie dink en dwaal; soms ook tussen lengte- en/of breedtegrade wat horisontaal en vertikaal om my verval omdat lyne my vebyster en verbang verkies ek om reguit lyne tot ronde sirkels te vervorm; dit dan by kruispaaie te plant want […]
Welriekende geure
Al’s voel net beter wanneer dit lente raak dit is seker die kleure of geure wat die lewe meer draaglik maak Fynreën val sag om my heen dou drup van die blare af mooiste blomme wat in rooi bloei waaruit vreugde groei Van vlinders en sagwees gestrooi ‘n handvol pienk roosblare in die lug gegooi […]
Groen verlange
Luister na die madeliefies voel die warmte op die groen kroonblare Dis lente in Namakwaland oral dans blomme in die wind van Kamieskroon tot Soebatsfontein Vonkel die maanlig soos pӗrels in die lug en ek glimlag soos ‘n fairy op my rug