Lila mymerings
Fluweel sag kruip hierdie nag oor die voue van my dag my vlerke sleep stofstrepe oor alle helder voetspore en vernielde verlange. Papgeplukte drome val sekuur vas teen die maanlig-mas van hierdie ster beligte nag. Hang my tog teen jou versies vanaand nog, asseblief woord-vir-woord herskryf my tog tot bywoner van ‘n gewone grote bestaan […]
As ek kon…
As ek kon sou ek vir jou ‘n reenboog vang Die maan gaan steel en dit in ons kamer hang Ek sou vir jou die Eiffel Tower gaan leen Net om tot heel bo te klim en te soen in die reen Ek sou vir jou ‘n leeu mak maak Net om vir jou te […]
Die lewe gaan aan
Die as bly draai, die son gaan slaap net om more weer gelukkig sy opwagting te maak Die maan – wat elke dag die son na-aap en lui-lui elke nag deur die hemelruim kraak So werk dit nog altyd, so is dit dan nou die lewe gaan aan – sy eie gang Waag dit om […]
Soete fees
Fluister slypend-verward deur die sterrelose nag die eggo’s van jou lag toegemaak in my hart Hoe soet smaak die liefde wat ‘n fees die soete-soete drome
L’art poetique
Myself het ek uiteindelik gevind dis die logos wat my kosmos aanmekaar bind. Jubelend kan ek bely: “Ek is ‘n digter ‘n poëet! Jihaa! Handré-hie-handré! Ek is vry!” My woorde waai wapperend in die wind my muse krul holrug in my bakhand mak gemaak in my gees se skadukant. Gooi my letters in jou rooiwyn […]
Heilige fees
deur oseane sal ons hande hou soos deur duinesand wat korrel en skuif harte wat koer en fladder soos ‘n duif my hart vir ewig aan jou toevertrou . . . my woorde kniel heilig voor jou voete hou fees in jou liefdevolle koelte © Anzé Bezuidenhout
Loop van die lewe
Ek dink aan jou hande sag koester dit teen wind en reën ken jy die geraamte hart se harde ween? dis soos die wind in die nag… Die lewe is ‘n fees ‘n fees van saamwees
Lag my ‘n lied
My horison strek oor die somer van jou lyf rimpel-gedagtes sweef heen en weer ek hoor hoe jou stem die wind wegdryf ek maak my oë toe vir nog een laaste keer. Stiltes trillend oor skemer se nood ek is alleen, selfs niks, sonder jou en tog, bring jy die eerste herinneringsbrood met die aanster […]
Hart van ys
Op die breë bors van winter lê ek my kop nou saggies neer; ontasbaar ver en (toe)gesper – klappertand in ‘n kleed van kapok koud, stil – enkel in my eenvoud. Ek ken hierdie hart; die kil klop wat koenig gletsers teen berge kan afsuur net om respek te ontplek of dalk nuwe lewe uit […]
Eens op ‘n tyd
Daar was ‘n dag wat ons vir mekaar kon kyk, Sonder dié verwyt… Voordat jy my gewelddadig, brekend uit jou lewe uit sou smyt… Tog sit ek hier vanaand alleen, en staar na ‘n verblykte foto Ingekerf in ‘n sielsmuur van herinnering, Wat soms nog ongewensd in my hart kom spook Sou ek dan soekend […]