My wasgoedlyn
Jou wasgoedlyn verklap jou diepste geheim. Hang jy net witwasgoed oor ngeroeste doringdraad lyn. Miskien jouskoon wasgoed oor n bouvallige klei muur. Dalk hang jy stukkende wasgoed oor n nuwe agterplaas lyn.. Feit is , jou wasgoed is vuil,, geskeur of nuut,jy moet self besluit!
As ek kon dig
As ek kon dig – sou ek jou naam in elke versie skryf. Sóú ek kon sing – was my hart se melodië aan jou toegewy. Was ek ʼn skrywer of ʼn digter selfs arm skilder sonder oor Sou ek met ink en skilderye liefde in jou hart optoor. In elke hoofstuk van my halfklaar […]
Heks se houvas
Heks se houvas Voel jy soms die heks se klou, wat jou arm styf vashou? Daardie heks waarvan niemand weet, die een wat jou van binne af opvreet. Al ruk jy jou los uit haar greep, eggo haar lelike lag in jou kop. Jy kry haar nie weg gewas met seep, daar is net een […]
Die plaashuis
Die Plaashuis Hier woon mense wat weet hoe om te lag hoe om die beste te maak van elke dag Hulle ken die lewe se soet en sout maar hier kry niemand ooit koud Hier leef liefde en omgee, hulp en raad met elke tree Wanneer die lewe jou katswink slaan is dit hulle wat […]
Gebroke vrou
Gebroke vrou Jy sien haar staan verslete, hartseer en gedaan sy was eens voluit vrou maar die lewe het haar afgeknou Die plooie op haar voorkop die oë wat verby kyk die lag wat net by haar mond stop die hart wat alles opkrop Jy weet die oë kyk, maar sien nie veel haar hande […]
Fees in die reën
Die lewe is ‘n fees nie altyd sonskyn en rose of ‘n pad met blink spore maar God is groot en verheug my gees Oor die wye dreigende see kan ek Hom al my lag al my hartseer gee
Rabbedoe
Rabbedoe Rabbedoe, jou kaalvoetkind, saggies trippel op die ritme van die wind. Jou vrolike skaterlag, trek almal om jou se aandag. Jy wat nooit terugstaan, maar altyd ‘n weg deur baan. Jy het die wêreld kom verander, met die spoed van ‘n reuse brander. Jy gee nie om wat ander dink, laat nie toe dat […]
Hôistaan gedagtes
Ek jaag my denke hôi om onder tuig te kom en bloots ry ek die eons om wat wyd t’ruglê – só blikners seer! Soos gister nog, voel ek die bandoms in my sak; die kettiemik uit doringtak wat gom laat drup uit snye seer; ek sien die skemering sag op die aarde val en […]
Maanlig drome
Ek (en jy) en die sekelmaan het mekaar altoos mis verstaan ek wou ‘n droom vir jou baar onder die maan se wiegende ligsnaar. Iewers in my dol kop se galop los jy toe enkel-reënspore oor die hoogste sandbank in my hart se woestyn. Net soos die stukkie maan in die diep swart hemelruim spartel […]