Jou skoene hoort onder my bed
Soggens ontwaak ek – dankbaar vir alles wat ek in jou het Geëerd om te kan wakker word met jou skoene onder my bed.
Emparikus
Sy het jou hoogtes gesien van naby gewoede weerlig hoor blits uit die hel donder gehoor in jou stiltes sy ken jou sy hoor jou ook miskien volg sy die verskuilde toekomsspore in jou oë; daggestaltes van die geel skynsels in jou son. Soms glip sy terug in die gleufies van jou spinnekopweb oor haar […]
OP VLERKE VAN DIE WIND
ek het ver gestap, ʼn langpad vol beloftes maar elke keer weer en weer verdwaal ek is deur die wêreld verlei, ek verloor toe vir my in die donker maar nou kan ek lag want in Jesus se krag ʼn nuwe dag wat wag op die vlerke van die wind, soos ʼn arend vlieg ek […]
Die lente koningin
Geil groen blare en blomme blou kaalvoet op ‘n slingerpad deur son en wind verdwaald en vroeg verrinneweer Daar wag sy in die reën en sê onwillig met ‘n kreun maar somer son hou niks van my sug sy met ‘n straal van groen Gee my ‘n groen hemel ‘n mondvol hemel smaak vir te […]
Ahoy kaptein – jou skippie sink!
Ek besef eks net ń nommer op ń salaris jornaal ń Skewe sewe, of gebrekkige nege waaraan jy wroeg om te betaal. Soos al die ander hier net ń nommer, op verslete papier – wat ʼn wrakskip in jou afwesigheid deur stormwaters stuur. In die lig van ʼn vuurtoring wat vaagweg hierlangs skyn, is al […]
Saggies troetel en streel
Gee vir my ‘n wye hoed gee vir my die son wat my hand sal vat gee vir my die lente en ‘n hart vol vrede Ek wil elke dag met jou deel dit vul met somergeel elke sonsopkoms saam jou geniet want elkeen is uniek Ek vergryp my in die geure van bloeisels en […]
Diep en donker rafyne
Soos ‘n bal vol bloed hang die maan in die lug blou reën speel in die see gly oor die branders se rug Die aroma laat my mond water dit hang soos lanterns in die donker elkeen spat in sy eie rigting soos die bloed pomp deur die water Die son sukkel om my vol […]
Dante se glassade
Onsigbaar onvrugbaar spoorloos ongesien lê daar ń glassaad in die melkwit-hart van elke stomme woord, wat smag om te ontkiem. Vasgevang in fete tussen hart en verstand, wagtend om wortel te skiet – slaap ongesproke woorde sonder spore op papier salig ingekrop – verniet… Anders as Dante se glassade wat vir eeue aanhou blom, lank […]
Eva se lente
As jy weer minne-woorde skryf onthou om nie te vergeet van haar lente wat oor jou siel dryf wat die nadraai van jou winter te ontleed Op die sesde dag was alles mooi en dit was winter en skielik net lentegeure toe Hy jou ribbebeen deur haar gooi ontwaak jy in ‘n paradys vol geblomde […]