‘n Verlangversie
ek verlang na jou soos vinknessies aan riete klou soos ‘n bergpiek op ‘n sonstraal wag en die blou lug na ‘n arend smag ek verlang na jou soos dorre grond van reënval hou soos die maan hom tot die nag bekeer en die môre-uur die dag begeer ek verlang na jou soos ‘n herfsdag […]
My Vriend Willie
My Vriend Willie (opgedra aan William Francis Moag ƚ 23 Februarie 1983) In standerd agt het ons ontmoet Ek het gevoel jy is my ouboet ‘n Jaar van vriendskap Dit het gevoel soos ‘n leeftyd van blydskap Ons het verhuis na Bloemfontein Na skool klim ek die trein Pretoria toe Weermag toe Ek het toe […]
PTSD
PTSD Dit is die siekte van die kop Op drie en vyftig bars dit uit sy dop Ek word hiermee gediagnoseer Dit maak my gesin seer Ek gaan na die hospitaal Die lawaai word vir my te groot Ek neem aanstoot Toe het my vrou my kom haal Ek onthou die beelde Van die weermag […]
Stryd sonder beleid
In die son en die wind se gemaal, staan die lande onbewerk en kaal; tussen die massa verdwyn jul taal, geskiedenis gaan homself herhaal. As die son aarde so skroei en brand, met oues van dae kort van verstand, vervaag wysheid, verpand vir ‘n rand; antwoorde is skaars vir jul vaderland. Julle kla, julle sweet […]
Hulle sê Ek is Mal
Hulle sê ek is mal, Mense soos jy in jou netjiese kerks en werks klere, Perske pienk onder bloesie met ‘n Marilyn Monroe moesie aan die bokant van jou linker nippel net onder jou vlinder tattoo. Hulle sê ek is mal, Mense soos oom Karel en tannie San wat bedroef snags bybel sit en lees […]
Afstand is blou
Tussen die bleekwit vleuels van bladsye skuil speeksel van ekstase wat amok maak Vanuit die diepsee kom hulle aangestorm en hul dwarrelvlug versplinter in die pleistergroue lug Hang die klank van mense wat om ‘n orrel psalms sing in bruin-grou vaaltes en rotsige kaaltes
‘n Tanka gedig
donderweer rammel blitse hou ‘n dodedans slaan en skok my hart vervul met dankbetuiging weer ‘n liglewe in my © Roeline Dodedans het baie betekenisse, een van hulle is dat die dans van die dood laat jou besef hoe broos is jou lewe. Liglewe = afgelei van ligstrale (keer terug na weerligstrale en blitse…)
Skelm-slim
Die orange geelgoud van die son speel-speel in die watervoor rakelings gestreel soos ‘n hart se skelm steel
Die dood se dans
wie is die dwaas, wie is die wyse die maer miserabel man ‘n bedelaar is hy slaap wou hy nog wie is die dwaas, wie is die wyse die weelderige windmakerige man ‘n edelman is hy werk wou hy nog nie een het die dood ontwyk beide proe die dooie dansreuk gie-gie-gie grynslag die dood […]