Doris Day
hier sit ek op die agterstoep dis veels te warm in die huis die swart hond drink lou water uit haar bak voor die kombuis die avondlug’s belofteloos – ek tel die sterre en een maan en soms wonder ek maar net waaroor die lewe eintlik gaan as die reën die jaar nie kom nie […]
Sonder lefde, min vreugde
Sonder liefde, min vreugde. Wie kan die liefde ooit verklaar dit het so baie fasette van persoonlik tot intiem , maar sonder sonder liefde is daar min of geen vreugde – – – Ek hou baie van jou maar het jou nie lief nie, ek hou nie so baie van jou maar ek haat jou […]
Haar naam was ook Saartjie
Voor julle my tot ruste lê laat my kleinkinders kom sing. Moet my nie begrawe nie laat my wegvaar met die wind! Uiter geen hartseer woorde dit sal net heimwee bring. Traanbevlekte blomme sal my nie meer lawe nie… lag liewer saam my soos ń kind! Tiekiedraai my oor n misvloer laat die konsertina sing […]
liefde is ‘n storie (Italiaanse sonnet)
Onthou jy nog my hande met hul merke – jou vingers het jy sag daaroor laat gaan. Langs aar se blou – wat oor die rugkant baan – het jy verklaar “dis wind en weer se werke, maar letsels word (oplaas) die lewensvlerke.” Met dieper weet as wat bloot geskrywe staan kon jy my hart […]
Wegkruipertjie
Die oudste spel Ek kruip weg vir jou Jy kruip weg vir my Ag, ek kruip sommer weg vir myself Agter watter masker kruip jy weg? Jou publieke een? Jou familie een? Of dalk jou eie een? Weet jy ooit wie jy is? Lieg en bedrieg deel van jou Strooi “n bietjie suiker Dan lyk […]
Tot dan
Tot dan Op ʼn trae dag vou ek die lug blou, tortelduiwe ballon in my hande. Ek wil swerf deur jou stede en rus in die stilte van jou wolke kom lees briewe in my oë kom brand hier in my klowe. Reinig my are met reën en fynsand deur my vlees – verf my […]
Mossie maar man
Mossie maar man Ek lees die gedigtebydraes en en besef hoe wel ter tale meeste is – – – Hulle byvoeglike naamwoorde is so veelkleurig en pronk sierlik soos ‘n pou se pragtige oopgespreide stertvere en skielik voel ek so ‘n vaal ou voëltjie met my beskeie getjirp oorskadu deur hul welluidende woordklanke maar ek […]
Liefde bely in die mooiste neurie-klank
Liefde bely in die mooiste neurie-klank Liefde bely in die mooiste neurie-klank…. Hoe sal dit klink vir jou my lief? Dit sal wees wat ek vir jou wil neurie lewenslank, want my hart is beroof deur jou my liefste hartedief My liefde vir jou lê dieper as die diepste punt van die oseaan. My skatkis […]
Sonnige somer
die temperatuur word warmer donkergrys verander na ligblou die winterreënval raak armer belofte wingerdstokke staan op trou elk’ wingerdblaar groei groen trotse druiwe ruik soetsuur die son bring sonnige seisoen en skyn op wingerde om elk’ uur snikhete was alle vuilighede af sonstrale ontbloot die gees en word nie swaar gestraf, maar versoet die menswees […]
Sonder Jou
Sonder Jou. Jy is die son, maan en sterre, die rigtingwysers van my geestelike bestaan, die suurstofasem wat my borskas laat dein soos die ewig rustelose lewegewende oseaan – – – Sonder jou wankel my skredes, verdof die glansende elemente tot duisternis, en is die ligte van my inspirasie afgeskakel – – – Janetta – […]