Hoe kan ek vergeet
Hoe kan ek vergeet. Hoe kan ek julle vergeet wat my lewenspad gekruis het? Hoe kan ek julle vergeet wat ‘n impak op my lewe gehad het van doodgewoon lojaal tot bogemiddeld begaafd, want vir almal was ek lief op eie meriete – – – Hoe kan ek julle vergeet al die paaie wat ek […]
Soos karperde
Soos Karperde Almal dra maskers en verbloem ware emosies verdriet en vreugde is karperde trek saam hang af wie se hand hou die leisels vas want almal dra maskers en verbloem ware emosies en met oogklappe en stang in die bek hou jy emosies goed in toom maar almal dra maskers en verbloem ware emosies […]
Storms van die lewe
Waarom is my hart vir jou so klein? wat jy soos ‘n spiraal om jou pinkie draai Die mure druk my vas en in my gedagtes warrel beelde van gisters wat was Ek het gedink dit was in die sterre geskryf maar dit was in die stof, dofweg gevryf Dit reën vandag en ek voel […]
Jy voltooi my hartklop
waar sielswoelinge binne my broei het jou lispelwoorde soos lawa gevloei jou belydenis van liefwees het getortel in die mooiste neurie-klank wat nes wou maak in die oesterskulp van my gehoor tog moes ek my hand ‘n aks na links verskuif om die sitrusgeur, wat strykstok op die wind oor elke duin en dal, se […]
Musikale Taboes
Musikale Taboes (Bel canto = with great legato or smoothness) Waar kom die mode vandaan om pragtige bekende liedere se lieflike gedrae bel canto styl so onherkenbaar te vermink met allerhande onpaslike en onmusikale versiersels genoem “embellishments” maar in die geval met onmusikale taboes van frilletjies en fralletjies en draaitjies liedere se hele karakter verander, […]
Kinders van Afrika
sy kom kaalvoet oor die duine van ‘n Weskus-strand en loop alsó deur die sagte (en baie warm) sand om haar enkel is daar ‘n riempie vasgebind met sewe koperkrale om die stringetjie gesnoer sy’t ‘n skerp klip in haar hand en wyl die wind net effe roer breek sy deur die see se branders […]
Mooiste neurie-klank
Gun my ‘n stukkie sentimentaliteit of is dit nou nogstalgiteit ek mis jou in elke oomblik van hierdie tyd Verbrokkel verkletter versplinter Liefde bely in die mooiste neurie-klank dink en draai droom en hoop onthou en hunker smag en verlang liefde en pyn vrees en hoop
Die avontuur van liefde
Geil groen blare en blomme blou soos vlinders vrolik, fladderend waai kosmos in die wind Maar diep, diep daar binne toegedraai in spierwit linne saggies lê dit en bewe daar diep binne rus die liefde In die winter is jy die kaggelvuur wat brand die vlam en vuur wat my vertel ek is op die […]