ewigheid
skoonheid, veldiep – skeldiep hael verwoes selfs oumanshuis verspoel en verberg hul met gruis verarmde, omarmde – verdiep seemeeu gedagtes sweef hoog ver oor die deining, skepper se heining onder die verste ewigheidster belyning seevoël se siel wat steeds betoog los van ‘n wêreld wat wyd verarm grille van die skepping […]
Oom Jan Hoenderkop
mampoer in rugsak visstok in die hand “demn! ek is Hoenderkop Jan! vandag gaan ek daai groot vis vang!” mampoer-lirieke sopraan sovêr hy gaan sluk-sluk filosofeer hy van klip tot klip asof hy met elke teug die wêreld vreug ’n ritsel in die gras laat sy leep-oë skrefie-trek ’n slang wat ’n padda probeer sluk […]
Parlement in sitting
Op die grens van Oupa se werf penorent baksteenvaal eenmans-lokaal sinkdak klip-beswaar skuins-afgeplat eenmans-parlement op ’n ring-sitting-gat wit gebank agter geslote houtdeur groen geverf geen Speaker om sittings tot orde te roep kreun-steun is gewigtige sake bespreek hardlywige ekonomiese sake is debatteer sou die opposisie ’n mosie van wantroue teen jou steun-kreungeluide instel word die […]
Die honger haan
Op die stoep sit Jan en Faan, blink gedrink; springmielies eet, saam‘dop is top. Hoe later hoe meer knik-knik hul kop; hoog sit die son na hul dagtaak en wink. ‘n Hoenderhaan fier-pronk bronstig-astrant; jaag ’n hen oor die werf van hoek tot kant. Hy moet haar vang om sy brons-lus te blus; fladder-vlerk kê-kê-kê […]
stik
stik, stikker, stikste plak, plakker, plakste wak, wakker, wakste kwak, kwakker, kwakste kop-in-die-sand kan ek aangaan op my duin se stikste nag, doodsdonker heers die lug se varse geur, bedwelm dit my miopiese bestaan, stiksienig wil ek onverskillig, dalk domastrant stik aan buitenste rand van lewe soos my siel dit sien in stukkende […]
ouderwets
ouderwets sit hy op sy duin gisters en eergisters pronk op sy voorkop gedagtes vorm stadiger as voorheen alles verbleik voor ‘n spierwit maan antiek lyk sy figuur en alleen rond waar reguit behoort te wees hare kort gekap met spitsbaard ongewoon en ouderwets soveel jare, soveel plooie oudmodies, verouderde aangesig […]
Kersete vir twee (Goud)
Kersete vir twee oupa en ouma sit op die stoep en luister na ’n spookvoël se roep hul wonder waar’s die kinders heen hulle kan dié jaar nie eens één ekstra bord aan die tafel dek selfs al is daar vir agt mense plek ouma gee vir oupa ’n peer sy sê: volgende jaar probeer […]
Waar rooimiere dans oor gesteelde Slaap
#Brons Waar rooimiere dans oor gesteelde slaap As die slaap nie sy lê kry en die dagbreektrein sy tyd vat, kom vier die rooimiere fees en hardloop resies in die bobeenbaan. Die nag is stil, bitter stil. ‘n Geskuifel en ‘n snork na asem breek so nou en dan die soete slaap van die medereisiger […]