deursigtig
versugting op versugting boodskappe wat trane bring nader en nader aan die jaareinde alles en nog wat gaan spoedig verby is alles deursigtig of dalk deursugtig almal wil alles tot op die laaste hê elke oomblik van plesier uitbuit elke genotvolle ervaring leef dan kom alles tot stillstand by geboorte van ‘n Kind […]
Ek mis jou…
Wanneer ek nie meer die storms kan beheer nie en dit my soos ‘n vloedgolf tref waar ek sielsverlate sonder jou –my reddingsboei– hopeloos in die oop see met my emosies stoei en paniekbevange in bodemlose waters trap wyl ek spook en spartel om aan iets tasbaar te klou; wil ek op ‘n klipkrans staan […]
As jy my vashou (Goud)
My lief, ek wil jou vashou ek wil jou troos en vir jou liefkoos ek wil vir jou die maan agter die wolke gaan haal en elke aand hand aan hand tussen die sterre verdwaal waar ons sweef tussen planete en saam lugkastele bou ek wil elke greintjie van jou psige van seerkry weerhou en […]
‘n Afrikaner in Rooinekland se skadu #brons
‘n Afrikaner in Rooinekland se skadu Tyd stap aan soos Celliers se osse van ouds — geduldig, gedienstig en gedweë. Al klap die sweep, al skree die drywer, laat tyd hom nie aanjaag nie; en die wawiel hou aan draai. Tyd loop soos ‘n liedjie van lank geleë: “Links, regs, links, regs, aanstap rooies die […]
Altyd nuut (Brons)
op die tong van ‘n kappertjieblaar rol vars douwoorde silwer gerond en as jy luister na hul fluister sou jy weet gister’s verby -dis klaar- die son beloof ‘n nuwe begin vroegoggend waaierstert sy speke my dankbaarheid sal hy verstaan as ek tog maar net in geel kon sing in blare takke kwetter […]
wete
wanneer geloof getoets word met terminale besef deurdring aardse vrees die mens se psige oorspoel dit alle begrip van tyd en ewigheid spoel dit wyd om alles wat jy al ervaar het selfs in diepste moeras van vertwyfeling gloei strale van hoop gebore in geloof aardse kennis word daagliks verstom met hemelse glans […]
hipotese van lewe by die see
in die wind van November op die koue see met snoek met die gevaar van misbanke tot vreugdevolle aflaai op die kaai veranderende elemente is altyd daar as weer nie verander nie dan bly dit soos dit is so is die mens van kind tot adolessent, tot grootmens altyd deel van kultuur […]
ewigheid
skoonheid, veldiep – skeldiep hael verwoes selfs oumanshuis verspoel en verberg hul met gruis verarmde, omarmde – verdiep seemeeu gedagtes sweef hoog ver oor die deining, skepper se heining onder die verste ewigheidster belyning seevoël se siel wat steeds betoog los van ‘n wêreld wat wyd verarm grille van die skepping […]