By gebrek aan water
O, Here, stuur vir ons die reën ons aarde, sy is droog sy ly gebrek aan water haar fontein is bar van oog haar rivier, die wil nie vloei nie haar dam loop haas al leeg haar vlei het skaars ‘n druppel oor hoe sal ‘n boklam dan tog teug * die Karoo het darem […]
Lotusressort
Lotusressort (Heilige blom van die Boeddhiste, en in Griekse legendes ‘n blom wat vergeetagtigheid en dromerigheid veroorsaak) Angsbewus, geen sielerus, elke sonskyndag net ‘n skyn van onbekommerde samesyn— Ag, om maar te kan droom in die loom van die lotus se rus— Elk versluierde mantelnag ‘n skynrus en misdaadklag en sonskyn ‘n blink veneer waaronder misdaad floreer— […]
In die lied van sy Trompie
Ma-goed verlate, eet hy uit vullisdromme, slaap hy in asgate en ken hy geen somme of geskiedenis of wetenskap, maar krap hy in stormwaterpype op soek na ‘n stompie om te rook wanneer tandelose ou Tattas in die nag se vriespunt-uur hul konkas rooiwarm stook. Dan, vertel die lied van sy trompie, van die voetpad […]
My Tydperk is Picasso . . . . .
My tydperk is Picasso – die fjord het saffier gevries. Hier, waar ek smag na my Suiderson, (soos ñ pasgebore kalf na sy Ma se bies), word die tinwolk ñ duif se vergeefse wegfladder met geknipte vlerk; die sneeutrosse ‘n somerrypdruif aan die druilerige takke van ñ naakblou Berk. En in die Rendier se sambrelekroon fantaseer donsiggeel my […]
Bly soet
Jy gee my ‘n rede rede te glo al is dit net op ‘n reukspoor ‘n stukkie van jou vir nou Vonkel konkel toor jy die bitter aalwynblom tot ‘n ranonkelrooi ballon en strooi vol soet geluk oor hom Soet en salig soos sekelmaan sal ek met soete drome aan die slaap raak
Met Jou In My Hart…
Ek het vanoggend wakker geword, met jou in my hart, die beste gevoel ooit, net jou hand in myne gekort. Ek wil jy moet weet, dat jy heeldag daarin bly, ek kan dit voel, voel hoe jy ook heeldag in my gedagtes rondry. So laat ek vanaand in jou hart wees, wanneer jy jou oë […]
Verborge Bergrug
Nadia stop en wag vir die ander om in te haal. Gewoonlik klim hulle almal teen dieselfde pas die berg uit. Maar sy het vanoggend iets wat haar jaag. Sy vat ‘n sluk water terwyl sy af kyk na haar klimgroep. Sy sug toe sy sien dat hulle nog ‘n hele ruk gaan vat om […]
Uitgeteer
Geskryf, voorgedra, en opgeneem deur Marieta Calitz Sal die woorde so gou moontlik bylas
Wees nie bang bedroefde Vrou
Wees nie bang bedroefde vrou is geskryf en gekomponeer deur LadySoul Marieta Calitz. Deel van eerste audio dig bundel. Bedroefde Vrou Is daar dalk, ʼn verstote vrou Baie bedroefd en vol berou Sweef jy rond in ʼn donker gang Met duisternis wat om jou hang En is daar dalk n verdrukker om jou rond Loop […]
SPORE
Ek staan by twee ry spore in die vurkpad van my drome een gaan links die ander regs en saggies val die reën Ek staan by die vurkpad en bly wonder links of regs terwyl die water vore deur die spore vleg Besluit besluit is dit dan links of regs terwyl die spore wegsmelt in […]