Nou weet ek tyd is baie Kosbaar…. (Carpe Diem – Gryp Die Oomblik)
Tyd het so vinnig verby gevlieg, pappa, ek en jy het mekaar heeltemal te min gesien. Ek dink aan al die kere wat ek langneus ontwikkel het, ek het baie vir pa gelieg, ek wonder ook soms hoe kon ek so goeie pa verdien. Ek sou eerder laaste goeie oomblikke saam met pa wou deel, […]
As ek soggens ontwaak.
As ek soggens ontwaak is jy die eerste een op wie my oë liefdevol rus al is jy nog in droomland— Jy is die liefde, vreugde en rede waarom ek my dagtaak aanpak— Elkeen gaan sy weg waar werk en pligte roep met die die seker wete vanaand kom jy huistoe want jy is myne, […]
Waterspoor van ‘n Wildegans
teen die oewer van die horison – daar waar die son bloeiend in skakerings van karmyn asemloos sterf – trek die vlug van ‘n verdwaalde swaeltjie donker strepe deur die lug verby die dowwe skyn van Venus se lig in die skadu’s van ‘n verlate Wilgerboom wat treurend oor water hang word lig en donker […]
Die Jakkals Se Roep
Die Jakkals Se Roep Dis volmaan en kortkort vlieg die donker skaduwee van ‘n uil voor die helder maanskyn verby en skielik swiep ‘n vlermuis geluidloos neer op ‘n fladderende mot jy gril en trek die kombers instinktief stywer om die skouers en ril by die veraf huil van ‘n alleen jakkals se roep na […]
NA DIE HOOGTES
NA DIE HOOGTES Depressief is jy. Bejammering verteer jou siel. Jy sink …. Jy wíl so voel. Jy wíl jou oorgee aan dié droewige ellend’. Gods arms lig jou op: My kind, jy’s nie gemaak vir putte nie. My kinders is gemaak vir hoogtes hoog.
HOOP
HOOP Wanneer jy worstel, moenie wanhoop nie. Daar’s hoop; daar ís ‘n antwoord. Wag op God, wees sterk, en laat jou hart nou sterk wees. Wag op Hom en luister. Wag …. Hy sal jou uit jou angste red. Hy gee ‘n antwoord, keer op keer. Hy gee ‘n lig in donker nag. Hy lei […]
NIKS
NIKS ….? Ja niks – geen doel geen ster geen droom – net niks. My Here, U is alles!
Onpaar skoene
Daar was twee rye spore langs Bloubergstrand geëts en wie dit daar getrap het sou swaeltjies oor kon klets Die wolke, winde, water het skemer wag gehou maar toe het see se bruinspoegskuim dit seewier toegevou Met sonop die verrassing want kyk daar teen die rots het twee kleur onpaar skoene oorkruis met mekaar gebots
Vir ‘n prinses
punt jou tone teen die blou kyk hoe luv die winde jou voete wat soms kaal is en soms hoëhakskoene dra en as ‘n prins jou ooit kom vra om sy goue ring te dra soek diamante in sy oë vra hom of hy glo in die liefde en of hy omgee vir die diere […]