Die boemelaar, op die groen bank, by die verkeerslig.
Ek bestuur, een hand om die stuurwiel gevou terwyl die ander ’n KFC rounder vashou en die verkeerslig is nou ’n stopstraat (’n aansteeklike siekte in die dorp) en op die hoek van die straat onder die dooie verkeerslig sit ’n ou boemelaar (heel gemaklik) op ’n groen rusbank en lag vir al die mense […]
ALLETTA BOONZAAIER HFST 4
Toe ek voor my ouers huis stop is dit net voor agt uur. Die lug is helderskoon en die sterre blink om die volmaan wat al redelik hoog in die lug sit. Ek ruik die reuk van die seelug in my neusgate en hoor ek die branders in die verte dreun. Die koel seeluggie waai […]
Ek skryf vir jou
. Ek skryf vir jou met skulpe op die strand onderstreep met die palm van hand, ‘n hoepelsirkel trek ek met sagte wier verlig dit helder met droë palmtakvuur Ek krap harte met ‘n tortelduif se veer (in die bosveld) teen die stam van ‘n soetdoringboom; met ‘n harde doring krap ek die pyltjie deur […]
Eeu van winternag
winternag ‘n honderd jaar gelede uit ons verre ou verlede vandag nog bekend en bemind in elke bundel sal jy hom vind die windjie is vandag steeds koud en skraal Afrikaans nog altyd ons moedertaal so wyd as die Heer se genade is selfs vandag nog ons ballade Eugene Marais digter van weleer hiermee aan […]
Ek mis jou (net soms)
My duim het die gewoonte om oor my ringvinger te streel onder aan die binnekant van my hand en my hart het die gewoonte om dan soms verras verbaas uitgeboul half hartseer te voel omdat dit nou kaal is … soms soos vandag jare later. © Anria (2016/02/03)
See se geur …
ek skep vir jou ‘n emmer vol van die see se geur dan stuur ek dit met spoedpos om jou dag in te kleur as jy die emmer geur kry en ruik hoe see-skoon dit is sal jy ook weet dat ek jou met elke asemhaling mis
Loopdop Doep se Nasaat (Hoofstuk 2)
Dit is eers nadat Sussa vir Duiker so half tot kalmte gebring het en hy weer op sy stoel gaan sit dat ek tot verhaal kom. Ek is nie heeltemal seker wat nou plaasgevind het nie. Ek sluk die laaste van die bier weg en so in die sluk beduie ek vir Sussa; “Nog een…” […]
OGIESDRAAD HEININGS
Die grondpad se stof roes op ogiesdraad heinings neer gegom met die oggend se dou terwyl my verbyry se stofstert die son se opkoms stories berg in dou nat gras koeverte Skinderstories word gebêre vir more se lag-lag wakker word waar my verbyry se stofstert handskud met oopbek ogiesdrade wat langs die grondpad wag
Hitte golwe oor die stofpad
Deur die bier in die glas val die amber laaste straal van die dag. Deur die splinterglas van my oë knak die reënboog weg van die daeraad. Deur die sout van die lek in my oë kwyn die beeld van jou silhouette oor die kartelrand van die mirage wat hittegolwe oor my stofpad trek