Wees gegroet, Mnr. Die Grotman Nommer 2!
Goodbye, au revoir, adiós, cheers, koebaai en voetsek – tot in ewigheid. Dit was so saam met bed opmaak vroeg een Saterdag toe Hubby opgewonde vertel dat Derrich Gardner van die nasionale radiostasie, Radio Sonder Mense, die opvoering “Groet die Grotman 2” baie dringend adverteer. En ons moet sommer DADELIK kaartjies koop want dit sal […]
Die wedloop van die lewe
So tussen al die sokker- , krieket- tennis- en rugby wêreldbyeenkomste deur, vind daar toe darem ook die Diamantliga-Atletiekbyeenkoms in plaas. Wat ‘n fees! Atletiek bly maar een van my gunstelingsportsoorte om te kyk. Die veld-atlete se konsentrasie, die manier waarop hulle hulself en sommer ook die toeskouers emosioneel voorberei en opsweep vir deelname, asook […]
Die mense op ‘Faceboek’
Ek dink ek moet myself van al wat ‘n Facebook groep is afhaal, want die frustrasie maak net dat my een linkeroog aanhoudend aan die spring is… Dit is nogal ‘n uitdaging vir iemand soos ek, wat mos oor alles ‘n eiertjie te lê het, om stil te bly as “die dommetjies” losgelaat word. (Dis […]
Die tekkies draf in
Die tekkies draf in Goeiedag van die “new kid on the blog”! Ek beplan om so af en toe hier in te hardloop en gedagtes oor die wedloop van die lewe met jou te deel. Skryf is mos terapie vir die siel, ‘n manier om aan gedagtes te herkou en met mense in aanraking te […]
Lied van die natuur
“As ek moeg word vir die lewe in die stad …” Soms het mens nodig om bietjie weg te breek. Om weer stil te kan word en die eenvoud en ongekunsteldheid van die barre natuur te voel en te beleef. Dit het ek weereens besef toe manlief uit die bloute voorstel dat ons vir ‘n […]
Ontwaken
Wanneer die natuur begin ontwaak uit sy winterslaap, is daar ‘n soort “magic” aan’t gebeur. Die aarde verkleur van vaal en dood in die mooiste vrolike “Aaaaah, kyk hoe mooi!” kleureprag. Mens hoor dit selfs in die voëlgesang vroegoggend. Daar is ‘n nuwe opgewektheid in hul groet. Gaan stap jy deur die strate wat onlangs […]
GEWAARBORG.
Dis net ’n paar weke gelede dat almal oor die koue gekerm het. Bibberend en bewend en kletter-tand. En nou is dit lente. Daar is vonkel in die oë, huppel in die stap. Vroumense jeuk om te skrop en poleer. Almal het nuwe lewe, nuwe energie, nuwe lus. Selfs nuwe belustigheid. Seisoene in die natuur […]
Groen voete
Die oggendson skyn weerbarstig deur my kamer se venster, en ek strek my lui-lui uit nog effens moeg om op te staan in die Sondag. Laasnag was ‘n partytjie iewers tot laat aan die gang, maar hoe dan nou anders lente is mos ‘n seisoen van musiek en jolyt! Met ‘n glasie droë rooiwyn, en […]
Gee, gee, gee.
Vergun my asseblief . . . verskoon my asseblief . . . laat my asseblief toe . . . om ’n ongeskikte wilde wind, hardop en oopmond, op te breek . . . bbluaaaarghh! Jammer en dankie. Hierdie wilde wind het in my ingewande opgebou, omdat mense, blykbaar reken ek het eindelose fondse in my […]