Om te sê of nie te sê nie
Terwyl ek in die ry langs die besige toonbank staan, loer ek so versigtig moontlik of daar enige tekens is dat die winkeleienaar of personeel ʼn seëngroet sal waardeer. Ek meen nou maar net dat ek nie wil hê hulle moet Sekuriteit roep omdat ek dalk die vervloekte “K” woord gebruik het nie want dit […]
LIG NA DIE DONKER
“Jy kan die donker, swart hond van jou stoep af gooi …” Sjoe, ek moet dit met jou deel! Ek luister na ‘n onderhoud met Valiant Swart en sit verstar! Dit is hy wat ‘Sonvanger’ geskryf het. Hoe kon ek dit nie weet nie? Dit slaan my dronk, want dit is presies wie hy is, […]
Resensie: DIE BEWAPENDE MAN
DIE BEWAPENDE MAN ‘n Missa vir die Vrede Oor die jare en eeue heen, veral in die twintigste eeu, het die oorlogsretoriek en sabelgeratel toenemend – alarmerend – uitgebrei. Met al hoe moderner wapens word al hoe meer mense omgebring, want dit gaan dikwels gou oor in egte krygsdade, en brandherde van konflik is in […]
Laat lente se klanke
Laat lente is net voor somer. Die rypwordingstyd van plante wat hul kleur uitstoot. Tot daardie wonder wanneer hul in volle blom hul kleur en geur ten toon sal stel. ‘n Heugelike gebeurtenis wat so onder ons neuse gebeur. Dit kruip al nader, omhul jou gemoed en word deel van ons – sonder moeite. Laat […]
NOODRYP
[Nog ene uit „die oude doos”, wat in samehang met my ander skryfsels oor kreatiwiteit en die wêreldgees wat mens pak, gelees kan word.] Aangesien ek op ‘n dorp grootgeword het en nie die platteland nie, het ek hierdie begrip kleintyd nie geken nie. Eers oorsee het ek dit leer ken, waar ek op ‘n […]
AREND OF KALKOEN?
Ek het hierdie storietjie al baie maal gehoor, maar nog nooit op myself van toepassing gemaak nie. Nee, ek weet regtig nie hoekom nie, hoor. Ek sit nou weer en kyk na ‘n program waar hierdie klein arendjie bespreek word … en dit daal op my neer! Sowaar! Ek is 65 en ek het vanaand […]
Liewer laat as nooit.
‘Dis heerlike lente, die winter’s verby. Weer vrolik die velde, vir jou en vir my’ of ‘Al die veld is vrolik; al die voëltjies sing; al die kriekies kriek daarbuit’; elke sprinkaan spring’. Lentetyd is Lasarus-tyd. Dis lewe-kry en opstaantyd. Dis tyd om die liefde op te warm, romanse af te stof, te lag en […]
NAAIN-ELEWWEN
NAAIN-ELEWWEN Duitsland het ook sy naain-elewwen! Ja, nie net eenmaal nie , maar tweekeer. Twee naain-elewwens! Altwee op dieselfde dag, die neënde elfde. Die eerste, die treurige is die dag van die brandende sinagogas. Op die neënde November 1938 het die Nasionaal-Sosialiste oral in Duitsland so te sê eindelik rêrig „oorlog teen die Jode” verklaar, […]
Resensie: Die rolprent MONSIEUR LAZHAR
MONSIEUR LAZHAR, die film Op ‘n Donderdag gedurende die groot pouse hang ‘n onderwyseres haarself in haar klaskamer aan haar blou serp op. In die hoofstad van Quebec, Montreal (sê ,Mong-reál’ of,Mô-reaal’). Die elfjarige seuntjie wat melkdiens het, sien haar deur die glasvenster van die geslote deur en alarmeer dadelik die onderwysers, wat noodmaatreëls tref. […]
Die Sweedse nooi
Kom ons sê maar die lewe is selfs sy eie reisiger en ons noem hom “koos of jan” wat sou hy in sy trommel pak om mense orals in die wêreld meë te kon vermaak? Ek sal sê vreemde ontmoetings, nuwe avonture ‘n lied wat in jou gedagtes speel soos daai een ligstraal op ‘n […]