Ons beurt om te doop
Ons doop, of eerder, na vele probeerslae om die datum vasgemaak te kry, doop dogter en skoonseun uiteindelik hul klein mannetjie. Hy het al selfs sy oorspronklike doopklere uitgegroei, maar as ‘n klip in jou pad gerol word, moet jy maar daarom werk, al neem dit ‘n ruk! Nou ja, ons suiker af Oos Kaap […]
18 Julie se gee of eerder gee-nie
Dit is nie elke oggend wat ek ’n groot lus vir dieselfde onderwerp op die draadloos ervaar nie. Vandag was weer een van “daai” oggende. Net soos ek dink die aanhoudende verslagdoening oor vryheid van spraak is op ’n einde, dan trek die een of ander verslaggewer los met jan-publiek se terugvoer op wat elkeen […]
en ek proe…
In sonligskynsel swymel ek saam met somervlinders wat swewend-saggiesstrelend met suiwer sonligdou kaleidoskopies kleure mat terwyl die son frambroosvergroot gunter agter vlootblouberge sak en windswawels laag oor gras en keur van kleur vir laas’ nog jag eer die kim die son se strale snuit Die vlindertjies het hul alreeds aan skeut van fynbos vasgeheg met […]
Verkiesing-verkiesing
Dis nog so effens korter as ’n maand, dan gaan ons verkiesing speel. “Speel”, omdat na die aanhoor van sogenaamde radio-debatte die afgelope 3 weke, dit die mees gepaste beskrywing is. Alhoewel my kennis van hul wêreld baie beperk is, is daar tog ‘n struweling in die gemoed wat druk om gelug te word … […]
Daar’s feetjies in my bos
Gisteraand, tot die uitbundige genot van die kennisse en vriende en familie, het vroulief kiekies van 26-jaar gelede, van ons as jonges en studente, op die wereldwye skerm geplaas. “My kiekies is verwysings, my lewensinventaris die ensiklopedie van my bestaan. My kiekies is bewyse vir die feit dat ek ook daar was ´n prentjiekommentaar wat […]
Najaarsblom projek (1 Julie – 31 Julie 2016)
Digters: Skryf ‘n 14 lyn gedig, daar is geen voorskrifte aan die rympatroon nie. 4 strofe (4 lynex4 lyne x4 lyne x2 lyne) gedig waar die eerste lyn in die eerste strofe en die 2de laaste lyn in die laaste strofe herhalend is. M.a.w. die eerste lyn van u gedig moet in die tweede laaste […]
Grensoorlogstorie: Gesteelde tyd
Soms sit, of staan, of loop of lê ek … en soms doen ek dit terwyl ek oor goeters dink. So kan ek seker al ’n boek vol maak met al die gedagtes wat in my bewussyn rondseil terwyl ek stort. Met seker nog ’n boek wat lewe kan kry uit die gemoedsomswerwinge bedags in […]
Fornikering op ’n afstand bekyk
Daar is ’n regte moeilikheidmaker, wat maklik ontevrede raak en ontydig verlang na iets meer, iets beter, iets meer vervullend. Daardie verlange is gegrond op die vasgryp van my, vir MY, sodat ek meer bevrediging kan kry. Hierdie volwasse kindermaker is … fornikeer. Liefdemaak. Seks. Moontlik is dit gegrond op ’n mens se ontevredenheid met […]
Halfpad- ‘n storie oor die middeljare
Halfpad Agt en veertig jaar gelede was ek in die wêreld gebore. ‘n Duisend, tien duisend myle het ek rondgeloop, deur winter grys en groen tye waar gras groei en dood waar die sandpad vleg en mens sink en brou. In ‘n vergeefse soeke na die werklike lewe, lees ons sielsboeke sing ons van trou, […]
Vaders van lyding
Ons seuns het die afgelope naweek my soos ‘n vreemdeling in ons huis en hul lewens laat voel met hul moeitevolle geskenke en ’n kaartjie met lofbetuiginge wat my beide hartseer en skaam gelaat het. Hoe verdien enige mens, wat nog van ’n ou soos ek, die agting en lof wat uit hul jong harte […]