Jongste aktiwiteit:

ProjekteApril 2025 – AARDE projek(Bladsy 4)

Beste INKers

Op die 22ste April jaarliks, herdenk die wêreld Aardedag. In hierdie projeksiklus gaan ons poog om in ons unieke Afrikaanse manier daaraan deel te neem.

Die opdrag is voorskriftelik en daarom wil ek jou aanraai om die opdrag deeglik te lees en aan ál die voorskrifte gehoor te gee. Versuim om hieraan gehoor te gee sal jou van die podium af hou.

GEDIGTE
1. Skryf `n 12 reël gedig met konstruksie soos volg: Kwatryn, koeplet, kwatryn, koeplet;
2. Die tema is AARDE. Dit kan op enige manier geïnterpreteer word;
3. Die woord “Aarde” mag nie jou titel wees nie;
4. Daar is GEEN rymvoorskrifte nie;

PROSA
1. Maak jou bydrae in minder as 800 woorde;
2. Die tema is AARDE;
3. Jy kan dit op enige manier interpreteer;

VERHALE
1. Skryf jou kortverhaal in minder as 1600 woorde;
2. Tema: Skryf `n futuristiese verhaal waarin die oorlewing van die aarde deur `n spesiale taakmag beveg en beskerm word;
3. Let op konstruksie, karakter ontwikkeling, spelling en `n goed georkestreerde ontsluiting;

Innoverende mense skryf in Afrikaans.

Lekker skryf
Projekbestuurder

*ONTHOU SLEGS 2 DIG INSKRYWINGS, 3 PROSA EN 2 VERHALE PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE. LET OOK ASB DAAROP OM JOU NAAM ONDER AAN JOU PLASING TE SIT ASB.

Dit is die jaar 3001. Die aarde is oorbevolk en die tegnologie het feitlik alle beheer en organisasie van individue se daaglikse handel en wandel oorgeneem. Toegang tot alles op aarde werk net met die druk van ’n ‘icon’ op die skerm van ’n rekenaar of selfoon, die skandering van jou duim of jou gesig […]

Haar grond glip tussen my vingers soos tyd, woordeloos vertel elke sandkorrel haar storie, onder my lê moeder terra firma se geheue gebêre in mos kluite en botaniese wortels.   Ek ervaar haar eoniese, oneindige geeskrag, ’n sewe hertze hartklop frekwensie.   Ons betrap haar blou-groen beeld met ysterstewels, los littekens van besoedeling en ontbossing; […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed