Jongste aktiwiteit:

ProjekteJanuarie 2023 – Projek NUUT(Bladsy 3)

 

Beste INKers

Mag 2023 vir julle elkeen ekstra woorde bring, jul talent skerp maak soos ‘n tweesnydende swaard; mag die deur van jul harte en gedagtes geolie wees sodat die verse en stories gemaklik en sonder inspanning vloei.

By die aanbreek van die nuwe jaar is die tema vir hierdie maand se projek enige van die volgende woorde:
“kraaknuut”; “vars” of “vonkelnuut”

Alle afdelings moet een of meer van dié woorde gebruik maar dit mag nie jou titel wees nie. Interpretasie daarvan is sonder voorskrif.

Voortreflike mense skryf in Afrikaans.

Skryfgroete
Projekbestuurder

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE

Toe oujaarsnag ‘n natnuut nuwejaarsmôre word die son sy goue strale vonkelnuut oor die swartkliprantjies stort het ek nog grootoogwakker oor jou en my gedroom verwonderd in die lankverlore hartsgevoel se saligheid geloom my gemoed was tot oorlopens vol soos die weduwee se kruik vroegoggend het nog heerlik vars na laatnagreën geruik kraaknuut kom klop […]

Daar is ‘n magiese fassinering agter elke nuutbegin of nuwe ding. Hetsy dit ‘n nuwe jaar, ‘n nuwe uitdaging, ‘n nuwe gebruiksartikel, ‘n nuwe uitrusting, ‘n nuwe lewe of nuutbeplande reisondervinding is. Daardie element van “NUUT” prikkel die psige en gis opgewondenheid oor die onsekerheid en uitdaging van herontdek. Dis lekkerkry-ondervindings. Nuuskierigheid wat borrelend bruis […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed