Jongste aktiwiteit:

ProjekteNovember & Desember 2025 – OOP projek(Bladsy 6)

 

Beste INKers

Na aanleiding van die September projek (Orde uit Chaos) waar daar geen inskrywings in die Brons afdeling was nie, en baie min in die ander, het ek besef dat die INKers

jaareinde-voosheid ervaar. Alhoewel Oktober `n OOP projek was, het ek dit goed gedink om die res van die jaar op dieselfde trant te beweeg.

Al die projekte, November en Desember sal dus OOP projekte wees sonder enige voorskrifte.

 

Dit gee aan almal die geleentheid om hul skryfwerk persoonlik te motiveer en nie aan voorskrifte gebonde te wees nie.

Ek vertrou hierdie 2 maande van asem skep sal julle motiveer om die nuwe voorskrif-gebonde projekte in die nuwe jaar met meer entoesiasme te pak.

 

Neem asseblief deel aan die projekte in die tydperk terwyl jy die kans het om jou stem, sonder akademiese druk, te laat hoor.

Innoverende mense skryf in Afrikaans.

Skryfgroete
PROJEKBESTUURDER

As ons Kerstyd nader laat dit my altyd dink aan ’n tyd – miskien was dit net gister, miskien veertig jaar gelede, toe Kersfees by ons huis begin het lank voor Desember. Meeste van ons kinders was nog klein, vol opgewondenheid en so seker dat Vader Krismis bestaan. Ons het gewoonlik die kersboom vroeg opgesit, […]

Die son se oog maak pêrel-pienk sy verskyning oor die hoë rooi duine van die Kalahariwoestyn en begin al hoër en hoër in die wolklose blou hemelruim opklim. Die jong Boesmanseun, Kuri, maak sy oë oop en met ’n groot gaap staan hy opgewonde van sy karos af op en hardloop na buite. Dit is […]

Die mees tergende vraag waarmee die mens in ons kontemporêre samelewing gekonfronteer word is: “Is ons moderne elektroniese tegnologie ’n plaasvervanger vir die menslike brein?” Die menslike brein en die rekenaar oftewel elektroniese stelsel verskil fundamenteel in aard. Die menslike brein is ’n biologiese orgaan, geskep deur die liefdevolle hand van God tydens Sy skepping […]

Onthou ek onthou deesdae maar sleg seker maar oor my oorsaaklike verval tydens hierdie taktlose tydsinterval van veselverwering en verstandsbeleg   ek raak boonop ook gou boekbabelaas met my yl woordweefsels wat skielik stop dis ‘n gesukkel om rym en vers te laat klop dus volg ek ‘n ongewone trant         helaas   want my onthou […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed