Jongste aktiwiteit:

ProjekteNovember & Desember 2025 – OOP projek(Bladsy 5)

 

Beste INKers

Na aanleiding van die September projek (Orde uit Chaos) waar daar geen inskrywings in die Brons afdeling was nie, en baie min in die ander, het ek besef dat die INKers

jaareinde-voosheid ervaar. Alhoewel Oktober `n OOP projek was, het ek dit goed gedink om die res van die jaar op dieselfde trant te beweeg.

Al die projekte, November en Desember sal dus OOP projekte wees sonder enige voorskrifte.

 

Dit gee aan almal die geleentheid om hul skryfwerk persoonlik te motiveer en nie aan voorskrifte gebonde te wees nie.

Ek vertrou hierdie 2 maande van asem skep sal julle motiveer om die nuwe voorskrif-gebonde projekte in die nuwe jaar met meer entoesiasme te pak.

 

Neem asseblief deel aan die projekte in die tydperk terwyl jy die kans het om jou stem, sonder akademiese druk, te laat hoor.

Innoverende mense skryf in Afrikaans.

Skryfgroete
PROJEKBESTUURDER

wanneer afrikaans op my tong tintel woorde weelderig en wellustig rinkink in kleurvolle klank weerklink verlustig ek my aan haar bestaan wanneer afrikaans se tongvalritme in lettergrepe kotteljons en tiekiedraai van swierige nuanse tot kekkelkraai verbly ek my oor haar bestaan wanneer afrikaans haar stem verhef deur boeiende beelde en neologisme gebore uit toekomsvisie en […]

Wink uit end Hoog, wyd, blink, gevlek deur tyd, Tapisserie van idees, abstrak verweef met bloed, Sewentigduisend vensters verflenter deur nyd, Rooiligte flikker dof, tooi hoeke in gloed. Wolkekrabbers prik hemelhoog, Verligte bakens teen die dofswart hemelruim, Waar lawaai sonder ophou swoeg, Luide simfonie van lewe, bont, wild, skuim. Duur reklames basuin hul boodskap flink, […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed