DIS JOU BEURT
Dinge loop skielik in jou lewe en dan wonder ons gewoonlik hoekom dit so is. Dis nie die dolosse wat nou verkeerd val en jy is ‘n slagoffers nie, nee karma het jou adres gekry en bly nou daar tot jy reg gemaak het of jou les geleer het. Die lewe het net een reël […]
Die dag toe die dolos draai Goud
Die dag toe die dolos draai Die see was stil, daardie onweersdag toe enkelryvoetspore kronkel skeef kartel in die witsand by die baai jou alleenmens skadu het in ‘n donker kol oor die rots gerol terwyl jou soutverlang op jou wange droog die see was stil, daardie onweersdag toe jou lappoplyf dryf; […]
OM TE GLO
In vandag se ou lewe word baie dinge ons ontneem van menseregte tot die reg van skoon water en die lys gaan aan. Ons kom voor eindelose uitdagings elke dag te staan en dan vra ek myself, wat is dit wat my elke dag inspireer om aan te gaan? Ek kyk hier na my kleindogter […]
Outopsie van gedaantewisseling
Stukkende stukkies lê skerf kykende na toekoms verberg en ruimtes hulself neerlaat, peinsend hierdie dae verlaat. ©Morné du Preez Goue klas
Waar staan ons nou?
Die aarde is na my mening gebou op die ekologiese-fondasie wat God vir haar met die skepping uitgewerk het. Verder het God waarde aan die aarde toegevoeg met die skepping van die mens, deurdat Hy die mens uit haar stof geformeer het na Sy beeld en Sy gelykenis. Voorts het God ook waarde aan die […]
DIE LEWE SE KOUGOM
Die gesegde is nie verniet dat die lewe nes ‘n “nickerball” is nie. Hard, maar lekker. Daar is ook ander aspekte in die lewe en somtyds voel dit of ons nie heeltemal in beheer is as die dolosse vir ons verkeerd val nie. Nie altyd in die lewe val die dolosse in jou guns of […]
Die laaste avondmaal
In die bovertrek het Hy saam met die twaalf aan tafel gesit daar was ’n vreemde trek in sy oë Sy gemoedsrus – bewoë Hy wat altyd so seker was – Meester van elke situasie skokkend was Sy woorde ‘een van julle wat saam met my aan tafel sit sal my vannag veraai’ skok en […]
Skaakmat (Silwer)
Betower deur vlamtonge in jou kouevuur soos in ‘n trans het ek gedans op die tromslag van my hart se tamboeryne die bitter brousel liefhê uit die blink beker wat jy bied stik-stik gesluk omdat dit (of so het ek gedink) die regte medisyne was vir blywende geluk blasé het jy keer op keer jou […]
Die Recce
Dit is 10 Januarie 1986. Suid-Afrika is in ’n hewige grensoorlog gewikkel. Glimmend soos ’n paling in die maanlig, lê die aanloopbaan op Mpacha lughawe in die stilte van die nag. Vel-blink gekleed, staan drie Vlossies gereed om te vertrek. Die Skrillende bevel van Luitenant Welgemoed rasper die rustige ritme van die nag in skerwe. […]
Kreukels
Ons harte praat nie meer die spasies tussen jou woorde en my sinne het verweer vergestalt in leë akkoorde gepaarde rym en omarmde rym het verdwyn gekruisde rym en gebroke rym het verskyn ek voel nog wanneer jou hart klop maar jou oë is soos ’n leë dop naïef sê ek nog vir myself: “The […]