Kerrie-afval en speelgoed.
Kerrie-afval en speelgoed. Volgens die woordeboek is ʼn dolos ʼn beentjie in die hakskeengewrig van ʼn dier wat as waarsêmiddel gebruik is of ook gebruik is as speelding vir kinders. Die voortrekkerkinders was nie so gelukkig soos vandag se kinders met die luukse van speelgoedwinkels en tegnologie nie. In die Voortrekkers se tyd was […]
Môre wag vir jou (Goud)
Net voor skemer val het sy drie van haar dolosse laat rol vandag se rug was reeds gebreek gister het in fluisterstemme met benewelde klanke saam met die talisman in haar kop begin dans een skenkelbeen het weggerol twee werwel stukkies het stil gelê “môre wag vir jou my kind” het die laaste sonstraal oor […]
Hoe om ‘n digter dood te maak. (Goud)
Om ‘n digter dood te maak kan nie maklik wees nie gif kan nie woorde wegmaak nie verwurg kan nie stilmaak wat reeds geskryf is nie skiet kan nie kolskoot die waarheid wegsteek nie ‘n mes in die rug is té digterlik daar is net een manier om ‘n volwaardige digter dood te maak gooi […]
Januarie 2024 – OOP projek – Kommentaar en uitslae
Baie geluk aan die 10 Lede! GEDIGTE Goud: NO 16 Loretta Szikra met Voor jy ontwaak NO 32 Loretta Szikra met As ek kon NO 28 Amanda De Meillon met Jin en Jang Silwer: NO 31 Hester Steenkamp met Ek Onthou alles van jou NO 14 Cornien Naude met Liefde nie in grysheid vergeet NO […]
mirage (Silwer)
in gebroke lyne van ‘n sekelmaan wissel emosie ‘n silwer traan ja, soms maak dit jou gedaan in die pilgrim se wentelbaan hoeveel is genoeg? wanneer is die vyfskaar moeg geploeg? sonder wrewel afgesloef? sal die gerf my begrawe in die groef? hard dreun bliksems op die horison! jy tuur teveel na die […]
Dolosse, trots Suid-Afrikaans
(Woordtelling : 522) Dolosse is toe nie net kinderspeelgoed nie of kneukelbene van skape of bokke nie. Dit was egter die beginpunt van ʼn groot en belangrike uitvindsel wat vandag dwarsoor die wêreld gebruik word. Na ʼn groot storm in 1963 meer as 60% van Oos-Londen se hawe uitmekaar geruk het, het ʼn ingenieur, […]
koud (Goud)
jou wang was koud so koud (baksteenmuur-koud) en onverwags hard jou keerwalle het verkrummel die aanslag was net té fel maar jou koue wang het nog trots en sterk soos ‘n hoeksteen bly staan
Sterrekyk
Jare gelede het jy beloof jy gaan my eendag weer kom haal jy sou inry op ʼn groot wit perd met sieraad, fleur en ʼn glinster saal ons sou dans deur die sterreryk, duik oor golwe van silwer en goud met die Suiderkruis die hemel uitmeet en die geheim van die heelal ontleed jy, […]
Die vele ballades en inrigtings van tyd
Wat soms benewel is – Daai tipe verwarde gevoel, ‘n deurmekaar dubbelspel in lewe se tyd van ballades, hunker uit die son se skadu wat uit vêr verledes seil hier kom jy op ‘n bepaalde vasgestelde – jou “assimilasie” na vele inrigtings, van hulle is jy aanstuur sommige trompop hol onderste bo toekoms opfokkend met […]
Sangoma
Die dolos het jy gegooi geeste geroep skepsels genooi tokkelossie wag gespeel belieg bedrieg besteel wonder waar kom jy vandaan die pad wat jy verder alleen stap ken iemand ooit jou naam kan jy jouself verstaan kwaad is jou oë boosaardig jou gesig gif in jou hart spoeg jy slang jy misbruik mishandel die mens […]