kus van ‘n kis
ons harte lê naak in vreemde lande se braak ons kinders dra kultuur na wye klowe wat gluur nuut in die land ver suid werk hul vrolik in die onkruid waar vlaktes vol barre ongeloof dreig om hul boodskap te verdoof ver van hul land van oorsprong met afwagting en soms bewing ploeg en plant […]
Maart 2024 – OOP projek
Beste INKers Ons betree Maart en is in die laaste strek van die eerste kwartaal van 2024. Hierdie maand is ‘n vrye en oop projek sonder voorskrifte en reëls. Daar is totale vryheid om deel te neem in al die afdelings sonder enige regulasies. Innoverende mense skryf in Afrikaans. Skryf groete Projekbestuurder. *ONTHOU SLEGS 2 […]
Die skadukant van donker.
Die skadukant van donker. Lien Meiring, die suksesvolle prokureur se naam was op baie mense se lippe. Sy was die toonbeeld van ‘n suksesvolle vrou. Wat almal nie geweet het nie, sy het ‘n groot struikelblok in haar lewe gehad. ‘n Verskriklike vrees vir die donker. Lien het van kleintyd af ‘n erg ongemaklike verhouding […]
‘n limeriek oor vrese (SILWER)
‘n sekere Piet van der Kaai was bang vir die koms van ‘n haai hy swem dat dit klap dat water so spat en skree toe glo kliphard koeBAAI! ©MarleneErasmus 29/02/2024
Die mens en sy struikelblokke.
Die mens en sy struikelblokke. Ons as mens se lewe loop ‘n spesifieke pad. Op hierdie aardse reis van ons bestaan is daar dikwels dinge wat met ons gebeur waarvoor ons dikwels glad nie gereed is nie. Ons kan die hindernisse, net soos die dolosse wat ruwe branders in toom moet hou, nie voorsien nie. […]
Retoriek (silwer)
as ek blinkoog waag waar ander faal en dit word helaas ook my verhaal as my dapper drome my beskaam en ek druipstert terugkruip in my raam as ek sukkel om die blaam te vind in grootmenswaan dog ewig kind as ek die tuimeltrein leer ken wat net soveel verloor as wen is dit bloot […]
Sy hande is altyd daar (Silwer)
wanneer alles dan so vir die dolosse gegooi is en die leeg leër as leeg is wie houvas dan jou hart wat in pyn is wie droog die souttrane oor jou wang wie houvas wanneer die lewe jou selfverseker bang…? wie keerwal jou emosies wat tsunami oor jou uithou emosies wat lewens steel tussen […]
Betonduwweltjies (Silwer)
Dit was ‘n mooi sonskyndag. Die hemelruim se blou geskilder met ‘n nuwe potlood uit die hand van die Skepper. Geluide van die veervolkies getuig van harmonie in ‘n andersins deurmekaar wêreld. Ek stap energiek en vol lewe, gereed om die bul by die horings te pak, met ‘n lied wat borrel in my hart. […]
As die laaste dolos draai (Goud)
vanuit rimpelhande tuimel versteende bene oor ’n bokvelmatjie neer wyl die Inyanga se goëlgesange teen die hange van Mapochsberg uitbeur daar, waar ‘n vroeggebore baba tussen dood en lewe draai sal haar voorsate se geeste die septer nogeens in sý guns ook moet swaai onder die awendster se wakenede oog hou sy die klein lyfie […]
tussen vrede en onmin (SILWER)
tussen vrede en onmin die hand het die dolosse geskommel hul vinnig uit sy hand geskiet om te val tussen die boom en die bas een-vir-een het die bene stil gelê die stof het nog in die lug bly hang daar waar daar eens vrede was het ‘n bloedstollende stilte weergalm daar waar […]