oorlog in my hart (silwer)
oorlog in my hart daar’s ’n veldslag in my hart waar skote oorverdowend knal opslagkoeëls slaan vas in vlees wat menige kryger sal laat val eggo’s slaan teen my kamers vas keer dan terug vir ’n tweede hoor net toe jy ’n swakheid bespied het ek die oorlog klaar verloor jy het dooierus op my […]
‘n Stukkie hemel in Namakwaland.
‘n Stukkie hemel in Namakwaland. Ek onthou die eerste keer wat ek Namakwaland as ‘n kind besoek het. Dit was ‘n familievakansie, en ek was nie ouer as tien nie. Ek het die hele lang pad in die agterste sitplek van ons ou, roesbruin kar deurgebring. Tussen die spelery met my sussie het ek gemerk […]
Weskus Lente
Weskus Lente Julanda Getrou aan sy naam, is die Kaapse wewer besig om huis te bou vlak by die glasskuifdeur van die sonstoep. Met vaste voorneme het hy een middag ʼn stringetjie gevlegte gras kom vasheg aan ʼn slap tak van die karee wat byna die hele agtertuin in beslag neem. Sonder om hom te […]
Drie Skepe het jou meegevoer (Goud)
omdat jy onder seile gaan om jou sorge te verdrink op Drie Skepe vêrweg hiervandaan waar drank se mag jou wil verslaan tot jou sinne sleeptong hinke-pink omdat jy onder seile gaan oorrompel deur ‘n spotbestaan wat na whiskeywalms stink op Drie Skepe vêrweg hiervandaan tot jou weë newelagtig taan soos jy in misnoeë versink […]
BLOUKLIP SE BOODSKAP
BLOUKLIP SE BOODSKAP Geskryf deur Fanus Strydom 2968 woorde Vandag, presies agtien jaar gelede, het Lukas Witbooi se pa Willem die bloublink klip oor sy pasgebore seun se hart laat hang. Almal het daardie dag hier op die einste wal van die Groot Rivier gesien hoe die klip vir ʼn oomblik stil bo die […]
Augustus 2023 Musiek projek – Kommentaar en uitslae
Baie geluk aan hierdie 7 lede! GEDIGTE BRONS GEEN SILWER NO 10 Jessiaca Venter met Wingerdwoorde NO 20 Elize Kruger met Musiek en liriek NO 21 Marlene Erasmus met blyspel GOUD NO 8 Andries Fourie Musiek oor my NO 7 Andries Fourie met Winterklawers GEEN MENINGSTUKKE NO 4 Marlene Erasmus met ’n Les uit die […]
Genade plooie
b-l-i-n-d is die hart wat slegs die mooi van ‘n lyf onthou l-e-e-g is die siel wat aan die wêreld se skatte vasklou ware rykdom lê in hoe ons liefhê dis die mooi van jou siel wat my hart onthou en al lê jou grys wysheid teen jou slape en jou oë se blink […]
Onder jou vel (Goud)
Ek wil my liefde los en vas oor die landskap van jou liggaam tatoeëer terwyl my pen grendelvry oor jou epidermis se kontoerlyne heen en weer gly, waar my ink rakelings die senu-eindes van jou binnehuid sensories stimuleer en onder die hipodermis infiltreer en prokreëer om perkament vir perkament tot óns magnum opus te evolueer. […]
My emmerlys (bucket list) Goud 298 woorde
My bucket list Die soetsap van die druiwekorrel kielie my tong. Kyk ek vrek vir ‘n soetkorrel kristal druif. Die klapgeluid wanneer jy sy korrel met jou tande breek en die stroop jou kies laat bolstaan met lekkerte. Ek wonder of mens nog kristaldruiwe kry. Ek het al oral gesoek. Daardie fyn, goue, klein korreltjies, […]
Vriende Goud 724 woorde
Vriende My eerste dag by die skool. Die keer aan die ander kant van die lessenaar. Ek laat my oë stadig oor elkeen van die groepies geselsende dames gaan. Nie een doen eens die moeite om te kom groet nie. Dit pas my. Ek kry die kans om elkeen van hule afsonderlik te oordeel. Die […]