Power to the Poor Goud
Power to the Poor Tussen die rubbish en die rook lê ‘n mooi stad in puin onder vuil kartonbokse die bewyse van eens vergete tuine in die middel van Eden was die boom van kennis en kwaad kwaadstoker daggaroker kom koop tog ‘n grassie hier by my nou lê die teer besaai met rubberkoeëls en […]
Vriendin
Soms in die lewe op ’n drafstap kom pyn verby aljimmers laat vrees seer bewe wil ek weet jy is hier by my lewenspad is lank en rof moeisaam lê moegheid uitgestrek die lewe se lus sommer onbeskof wil ek my hand na jou toe strek wanneer swak verbouereerd is en soos kragte daal weet […]
Lente in my laaste jare (Brons)
ek sal vóór my dood herleef uit my herfs se komposlaag waar winter se groei vertraag onder jaarlae van yskristalle kleef kleef aan vergange dekades waarsonder lente nie kan bloei maar deur my lewensare vloei veel ontdooide doeleindes doeleindes wat sonskyndae aangryp priotiteite snoei en herrangskik potensiaal sien sonder weeg of wik seisoene versteek onder […]
Die stem van die oseaan (brons)
Hoor jy die magtige dreuning wanneer die oseaan sy stem verhef, met golwe wat wyer en hoër kring die kuslyn met mening tref? Talle parke, geboue en paaie swig voor die verterende krag as die watermassa met kolke en draaie die mens koggel en uitlag. Jy mensekind wat my verniel my vul met jou oorskiet […]
Julie 2023 – OOP projek- Kommentaar en uitslae
Baie geluk aan hierdie 13 lede! Wenners Goud: 1ste-NO 11 Loretta Szikra met Dorsgety 2de -NO 12 Loretta Szikra met Tussen dagbreek en drome 3de- NO 14 Elmarie Nienaber Van Kampen met Volmaan Silwer: 1ste-NO 29 Elize Kruger met Natuurstudie 2de- NO 40 Marlene Erasmus met Liefdeswens(digsoort: Sedoka) 3de- NO 35 Paula Paxton met Letters […]
Seisoene van die hart (silwer)
Die Boesmanland riel guitig in die najaarsbries toe die dorsland weer tot wasdom kom sandveld word helder uitgedos in goudgeel botterblom mofskaap luier kopdiepte in tweelingtwaa se pollegroen deur my vensters draal ‘n fyngeur soos bloeisels van lemoen rooilewerik laat luidkeels sy skrille vreugde hoor en in die herfshemel verf vlieswolke beloftes in die oggendgloor […]
Blomtyd (silwer)
Al sou ek ook hoe hard probeer om dié seisoen se kraakvars fleur tussen blaaie van ‘n modeboek in ‘n formele spykerhak en eenkleur aandrok vas te keer sou sy my elke keer verras met nuwe skeppings uit haar kas blombont haar skouerlose rok groen loofgevlegte skoen pienk pruilmond perskebloeiselsoen op kaleidoskoop blokkieskombers skryf sy […]
Madeliefie vriende
soos veldblommetjies een vir een uit lekker kuier saamgekweek is jul my bedekte seën waar niemand ooit dweep het woorde in my hart kom lê soos tuine met ń blomme geur vry soos die hemelvoëls klink die musiek in die agtergrond wens ek vir jul genoeg son want somer begin met nuwe drome waar madeliefies […]
In afwagting op die weerkoms Goud
wanneer die ramshoring die nuwe jaar begroet en die rooi granaat soos druppels bloed uitgestrekte palms vlek huiwer ‘n hosanna aan die horison wanneer die laaste strale oor die rantjies dein en die maan in silwer suiwer glans verskyn breek ‘n nuwe jaar in vol verwagting aan soet stroop die heuning oor ‘n […]
Aanlyn-profeet
Aanlyn-profeet Jy weet meer as Wikipedia die aap is uit die mou op sosiale media plant jy die beter hou Jou intro weet al lankal – wat die meeste nie verstaan . . . – dan vloei jou dieper insig soos water uit ‘n kraan Dit waarmee bleek sterflinge stoei het jy lankal uitgeklaar die […]