Beliggaam
Beliggaam Die seuntjie vaderloos gelaat moet die geestelike taal ontgeld dat Jesus nou sy pappa is – dit gaan nie werk nie – stotter hy deur ‘n biggelende traan – Jesus het nie ‘n bakkie nie – Jakobus broer van Jesus kon dit nie duideliker weet hoe word mens warm en versadig maar jy kry […]
Maria Brons
Maria Maria, het jy geweet en het jy verstaan toe die Heilige Gees langs jou kom staan het. Mense het gepraat en geskinder oor jou en die seun wat jy sou verwek. Met ongeloof en gelag is jy aangestaar toe jy aan hulle openbaar dat jy as maagd jou kind sou baar. Maria, het jy […]
Eendag lank gelede Brons
Eendag lank lank gelede…. Het julle al opgemerk dat al die kinderstories begin met eendag, lank, lank gelede. Presies wanneer was lank, lank gelede? Ek het dit bietjie gaan navors en tot die volgende ontdekking gekom. Dit was baie lank gelede. Dit was so lank terug dat google nie eens die antwoord kon kry nie. […]
Reuse en dwergies (Goud) 319 Woorde
Sy liggaampie is klein. Wanneer mens sy liggaamsbou vergelyk met dié van ‘n volwassene, is hy ‘n dwergie teen ons, die reuse. ‘n Kleuter huisves ‘n groot binnekant. In sy kop lê ‘n verstand wat elke dag inneem en verwerk, leer en onthou. Die hartjie speel gasheer vir groot uiterstes: wanneer hy hartseer is, huil […]
Skimme van gister
gister was my paaie ander rigtings invandag wil ek loop tot by die weer beginwaar die son skroei oor vergete treinsporeen genadeloos neerbrand op my wankel spore hier op my verdwaalde wegwaar ek in die hitte van die son moet vegteen troebel trane wat afrol teen my wangeen dit oor jou, die hunkering na […]
Vaarwel
Vaarwel dit is stil om my waar herinnering my lei ek hoor ’n speld val met jou terugkeer om meer van my angs te kom haal as gyselaar woon ek tussen jou woorde waarmee jy daagliks psigiese moorde pleeg stukkies van my hart kom vat jou vertoning sal ek ontbloot sonder vermomming die wêreld wys […]
graan
‘n bordjie graan vir die siel uit die sandgrond van die Swartland bloei die graanlande groen en geel soos uit mens, jaloesie en vrees # ‘n bordjie graan vir my siel uit koring en mielies my voedsel soos geloof en hoop vir my siel wat my krag en moed gee # ‘n bordjie graan vir […]
Liewe Moeder Natuur (epistel)
Liewe Moeder Natuur (epistel) orden my denke hierdie lente om in my handel en wandel deur die lushof van jou blomtuin jou skoonheid te metronoom binne die sonette waarvan jy droom idiome vir jou te weef waarna jy streef binne die stylfigure van jou reënwoude vleilande riviere strome watervalle ritme te komponeer in jou hartseer […]
Hier wil ek …
Hiér wil ek … die mooiste rooiste roos vir jou kom plant hiér waar die aarde in skeure en krake oopvou van berou hiér waar die kranse die eggo’s van die watervalle in hul harte toevou hiér waar die horison se pels in pêrel-pienk onskuld aan die hemel klou hiér wil ek jou naam vir […]
Koekemakranka (Brons)
Koekemakranka! Ek weet ouma was ‘n eienaardige onvoorspelbare tannie vol streke, maar hierdie vat die koek! In my hand is die vergeelde briefie in ouma se eie handskrif wat ek onderaan die een laai gekry het. Ouma was eksentriek en nie ‘n tipiese ouma nie, maar ek was ongelooflik lief vir haar. “Belowe my jy […]