’n Nuwe bladsy in die sand
Hoe lees die spreekwoord nou weer? Die een se dood is die ander se brood. Sal ons in dieselfde asem ook kan sê: Die een se einde is die ander een se begin? Johan sit op ’n ou boomstomp onder ’n reuse Kameeldoringboom op sy pa se plaas in die Kalahari. Die son hang laag […]
“Ek sál deur die waarheid kyk na my nuwe begin …”
Aan die voet van die Outeniqua-berge waar stiltes deur die eggo’s van die kranse asemhaal, aan die koepelblou van die ewigheid vasklou en die horison jou van albei kante in sy eindelose arms toevou, boer oom Hendrik en tannie Kotie Joubert. Hulle is die trotse ouers van ’n sewentienjarige seun, Tian. Tian is ’n leerling […]
Nuwe begin
Brons gradering (nuwe lid) Woordetal: 996 woorde Prosa; Nuwe begin Die eerste Saterdag van elke maand is spesiaal vir ons gesin. Op hierdie dag, elke maand, voed ons die sluimerende reisiger binne ons, en word storielyne uit reise na verre lande in ons verbeelding geskep. Vroeg uit die vere maak ma die lekkerste kondensmelk koffie […]
Die huis waar stilte woon – silwer
Jare lank het lag deur dié kamers gespoel soos lig deur oop gordyne op ’n somersoggend. Dit het vrylik beweeg, sonder vrees om vasgevang te word. Kinderstemme het teen die mure gebons en in die plafonne vasgesteek. Elke kamer het sy eie eggo gehad en sy eie warmte. Daar was geselsies oor oggendkoffie wat lank […]
Die blomtuin wag #silwer
Die blomtuin wag ‘n Jaar, toegedraai in ‘n papie, het die lewensloop haar rusplek gevind. In stille antisipasie wag sy met grasie. Met brose dapperheid beur sy deur, versigtig, geduldig, sprei sy haar vlerke in die ontwaking van ‘n nuwe blomtuin. Op die wieke van die wind dra sy haar pakkie stuifmeel, sprei sy liefde […]
Nuwe mens
Kyk, ek maak alles nuut, sê Hy en spoedig gaan die ou dinge verby. Alles Heer? Ook my gebroke hart? Sien U my pyn, my smart? My sondeskuld wat ek dra? Alles! Ek maak alles nuut ‘n Nuwe hart en nuwe gees as jy My net toelaat om jou nuutmaker te wees. Dan kniel ek […]
Stefan se konfytwinkel
Stefan se konfytwinkel Brons 890 woorde Toe die kis in die grond afgesak word, raak dit eers vir Stefan ‘n werklikheid en toe hy heelwat later die begraafplaas verlaat, staan hy verslae, eenkant buite – alleen. Die eerste maal in ‘n lang tyd is hy werklik alleen. Hy ry nie dadelik huis toe nie, want […]
Januarie 2026 – Nuwe begin projek
Beste INKers Voorspoedige nuwe jaar, INKers! Tema: Nuut / Weerbegin Hierdie opdrag gee jou volle vryheid – om jou eie kreatiewe werk te skep rondom die tema “Nuut / Weerbegin”. Die tema kan breed geïnterpreteer word: ‘n nuwe begin na ‘n verlies, ‘n vars lewe in ‘n nuwe plek, hergeboorte na ‘n krisis, die ontdekking […]
Brood (Goud)
Brood Ek wou net brood koop, wit – want ek hou nie van bruin — ek was kieskeurig. By die deur gryp die wêreld my: ’n plakkaat wat gil, ’n vrou wat sente tel, ’n man wat sy hoop teen afslagpryse verruil. Die rakke is droogleeg, soos ons Namibiese vlaktes. ’n Kindjie huil — dalk […]
Hierdie jaar is anders
Hierdie jaar is anders Vandag wil ek graag ’n kort oorsig gee oor nuwejaarsvoornemens (en hoekom ons steeds in daardie strik trap). Elke jaar, omtrent tussen die laaste stukkie koue gebraaide ham en die eerste “Ag nee, dit is alweer ’n nuwe jaar”, gebeur daar iets uiters merkwaardig in my binneste! Ek dink daar is […]