Tanka – 1
nostalgie hang pers teen gister se horison laventel hoopvol tot neo-wit beloftes wat kantelvlerk na die son ©Erika Viljoen (Silwer)
Pieter die Pou
Pronk-pronk loop hy oor die werf, met sy stertvere in die lug. Geen reëls, ‘n baie gelukkige pou van wie almal in die buurt hou. Mens hoor sy geskree van vêraf, maar wanneer my suster sy naam roep kom hy aangehol-vlieg, vir ‘n lekker handvol kos. Pieter is eintlik die bure se pou, maar voor […]
Nuwe Jaar
Nuwejaar Miskruierboldae rol na die eindstreep waar verloorder rus met hart vol hoop en ywer afwagtend op middernag Kopiereg L Lexow 2019
Bril pikkewyn
Waggel met jou lyf deur heerlike swempoele, ottermaklotter bombalie, bokmakierie deur branders van nuwe jaar!
Geheime projek
‘n Geheime sending het so pas op die aarde geland, lang senerige ruimtewesens klim een vir een uit die ruimteskip. Met groot yslike oë bespiet hulle die gebied om hulle, en maak eienaardige geluide soos hulle kommunikeer met mekaar. Hulle opdrag is om soveel moontlik mense wat onder die sterreteken “Vark” gebŏre is te vang […]
Verruklike Vark
Die diereriem “Vark” Volgens die Chinese is die Vark die laaste dier in die siklus van die Chinese astrologie. In Japannese en Tibettanse astrologie word dit vervang met die Wildevark. Volgens ‘n legende was daar ‘n groot rivier gebou en die diere het in die siklus van volgorde resies gehardloop. Die Vark het gestop want […]
Nuwejaars’reën
Gee my nuwe sig Haal die splinter uit my oog Sodat ek kan sien Waar wolke in die lug blom Wat wyd om die blou lug krul
Tanka – 1
Tanka – 1 die nuwejaar lag oopbek van suiwer genot heimweë bottelnek deur dowwe klowe in my as die maan stadig opkom © Anzé Bezuidenhout
In die land van Kamma’mielie
‘n Hans-vark met die naam Bertus het op ‘n plaas groot geword. Met die dag van sy geboorte het sy ma gesterf en die varkie is saam die res van die werpsel deur Tant Lettie groot gemaak. Tant Lettie en Bertus was oral saam, hy het tot by haar op die bed geslaap, maar later […]
Januarie 2019 projek
Beste INKers Ek wens elkeen ‘n besonderse goeie 2019 toe. Mag die meetsnoere mooi val. Alhoewel die Chinese nuwe jaar eers in Februarie afskop, wil ek tog hê dit moet ons onderwerp wees. DIGTERS: Skryf ‘n Tanka oor die nuwe jaar. Tanka TER INLIGTING: Kenmerke van die tanka: ✓ ‘n Tanka is ‘n uitgebreide haikoe […]