Kokonjaar – Tanka (Silwer)
lyflepels fetaal linkersy langs linkersy jóú woorde lê sag vashou kán my seer omvou liefde kan weer vlerke baar © Charleine Collins 19 Januarie 2019 Foto: Gerrie Germeshuizen © Januarie 2019
Die wêreld is aan die verander
My hart was diep bedruk omdat Buurdorp strome reën (of seën) kry, maar hier bly dit kurkdroog. Ongeag dat ons veronderstel is om midde-in die reënseisoen te staan, word die swembad word al hoe leër en die gras begin plek-plek vergeel. Dit gebeur toe ook dat ons laat een nag kennis kry dat Buurdorp ʼn […]
2019 (Silwer)
einde se kant toe breek als stukkend raak ontskep goed vergaan sterf uit tyd tap deur sy aardse skil vrot koejawelpitte drup © Charleine Collins 18 Januarie 2018 Foto: https://www.shutterstock.com/image-photo/top-down-view-rotten-guava-psidium-1225981714?src=932eAnlM7gdtMC-vl5ZfeQ-1-4
Plesierigheid
Kalender van voor Blommekroon versierings dra Voornemens optel Met wingerdsap vir plesier Dans almal onder die maan
Bettiesbaai se brand
Die dom dier se nag: vuilgeel, skroeiend’ asemnood. Nuwejaar is vuur, ‘n swart spookvingerwoestyn. Verlies lees nie die datum.
Hanna se otterjasie jaar
Hanna se otterjasie-jaar Hulle dink verniet dat sy nie hoor wat hulle oor die koektafel fluister nie. “Bitter, oujongnooi, suur, lewensmoeg…” Ja die susters hou hulle verniet so heilig. Teetyd by die kerk is alles behalwe heilig en as ou Dominie steeds daar was sou sy al lankal gaan kla het, maar die nuwe dominie […]
2019
2019 ‘n Nuwe jaar bot terwyl ‘n enkele saad in die na-nag bars met ontelbare vrae oor rampe en Trumpmure Kopiereg L Lexow 2019
Nuwe begin (brons)
Oujaar sleep die hoop vlieswolkies deur blou leegtes. Feestelik kom vuur betraand die dors grond heelmaak – die geilste jaar nog inlyf.
n Nuwe jaar
Reik na die sterre Droom, beplan jou nuwe jaar Soos ‘n Eikeboom Reik op, staan vas, glo en bid En weet, net God kan beskik
leef nou
Leef in die oomblik Soos ‘n blom wat vandag kelk Toekoms kom later Die verlede is verby Vandag is al wat jy het